Alda Geers vertel hoe die muse haar geïnspireer het om BLOUBAARDMAN te skryf.

Romanza Voorblad-Bloubaardman

Ek ken vir Monica, hoewel onder ’n ander naam. Sy is ’n lewensgierige meisie, het durf en ’n werk wat haar passie is. Daar is nog baie wat sy as jongmeisie wil doen voordat sy die verantwoordelikheid van ’n huis en kinders sal aanvaar. In kort: die lewe lag haar toe. Maar nou, onverwags op drie-en-twintig, bevind sy haarself buite-egtelik swanger.

Daar is baie meisies wat hulle in dieselfde situasie as Monica bevind. Meisies wie se jongmeisiedrome deur ’n enkele misstap vernietig is. Ek het hulle gesien. Gesien hoe verskeurd hulle rondtas tussen die vreugde wat moederskap behoort te bring en die realiteit waarvoor hulle nog nie gereed is nie. Gesien hoe wanhoop, moedeloosheid, vertwyfeling en beskaamdheid uiteindelik die oorhand kry.

Toe het ek met Monica gesprekke begin voer. Soms in haar teenwoordigheid en dikwels in afsondering agter my skootrekenaar. En uiteindelik kon ek haar op papier neerpen, ’n oefening wat uitgeloop het op die manuskrip van BLOUBAARDMAN.

My wens is dat elke meisie in dié omstandighede hierdie romanse in die hand sal hê. En dat dit sal help tot ’n insien dat daar daar lewe ná die wanhoop is. Nie net ’n bestaan nie, maar ’n ten volle vreugdevolle lewe soos wat dit die geval met ons heldin is.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s