Cecilia Nortjé gesels…

Die skrywer, Cecilia Nortjé, het verlede week praktiese toepassing vir haar werk as dosent by die TFET Kollege hier by LAPA kom doen. Sy het meer van LAPA se daaglikse bestuur- en werksproses geleer en ons het ’n bietjie met haar gesels.

DSCF4007

Jy en jou dogter het onlangs Frankryk besoek. Hoe was die ervaring?

Ek het my romanse NET ’N STUKKIE PAPIER aan my dogter opgedra en met die boek se tantièmes ons kaartjies vir die reis oorsee daarmee geboek. Sy is agtien en dit was haar eerste reis na die buiteland. Dit was baie spesiaal vir my om dit saam met haar mee te maak. Dit het al my verwagtinge oortref. Dit was nie ’n beplande toer nie, ons het elke dag net opgestaan en gedoen wat ons wil. Ons het sommige toeriste aantreklikhede besoek, maar vir my was die platteland die mooiste.

Watter ander plekke wil jy graag besoek?

Ek en my dogter het ’n vyfjaarplan. Nou sit ons met die tameltjie van watter land. Op die oomblik geniet Italië voorkeur. Maar ons sal ook graag Turkye, Marokko en Spanje wil besoek.

11667133_930451027022743_291981273_n

Cecilia met haar nuwe manuskrip, VRIENDE MET VOORDELE. Dit verskyn in September 2015.

Het jy inspirasie in Frankryk gevind?

Ek kan nogal moedswillig wees. Almal het my vertel: “Jy gaan so baie inspirasie kry vir ’n boek”. Ek het besluit om nie inspirasie te gaan kry nie. Met my terugkoms het Marlies Haupt, uitgewer by Romanza, ook gevra of ek ’n boek gaan skryf en toe sê ek nee. En twee dae later spring ’n storie in my kop. Jy weet hoe’s ’n skrywer, jy kan ’n storie nie keer nie.

DSCF4024

Cecilia Nortjé, Magdaleen Walters en Susan Olivier

Wat was die hoogtepunt in jou skrywersloopbaan so ver?

Elke keer wanneer ek klaarmaak en die manuskrip is reg om versend te word, is vir my ’n groter oomblik as om met die fisiese boek in jou hande staan. ’n Afgehandelde manuskrip is soos iets wat vrygestel word – ’n sense of accomplishment.

Jy het genoem dat jy graag ’n roman wil skryf…

Ek het bietjie van ’n tweestryd. ’n Roman is al lankal in my kop, maar anders as Romanza dink ek dis iets waaraan ek ’n baie meer tyd vooraf sal bestee. Die beplanning in my kop is nog nie uitgesorteer nie. Dit voel vir met ’n roman moet ’n skrywer regtig weet wat jy gaan doen. Hy’s oppad, maar wanneer kan ek glad nie sê nie.

DSCF4033

Magdaleen, Cecilia, Susan en LAPA/Romanza-familievriend Sam Cooper. Charlene Hougaard, uitgewer by Fiksie en Marlies Haupt uitgewer by Romanza!

Wie is jou gunstelingromanskrywer?

Bernette Bergenthuin is vir my baie goed. Chanette Paul kan ’n mens nooit van die lys af haal nie.

Watter boeke kan jy herhaaldelike lees?

Marlene van Niekerk se Triomf

Deon Meyer se boeke. Ek het nie al sy boeke nie, maar ek hou van hoe hy met min sê wat hy wil sê.

Waar is die vreemdste plek waar jy al ooit geskryf het?

Nee, ek skryf op een plek: In my boonste sitkamer in ons huis. Ek kyk by die venster uit en sien alles wat op die plaas aangaan. Ek hou daarvan om op een plek te skryf.

Drie items waar sonder jy nie kan leef nie.

  • Boeke
  • Boeke. Ek lees elke dag van my lewe.
  • Ek wil bysê ’n glas rooi wyn, maar dit gaan rof klink.

As jy drie mense na ete sou nooi (lewend of dood), wie sal dit wees.

My twee sussies en my ma. My sussies is my beste vriendinne.

11668006_930453487022497_1678337880_n

Cecilia by haar tafel vir die week.

Wat was die beste raad wat jy oor skryf gekry het?

Doen dit net. Doen dit elke dag.

Vertel ons vyf dinge wat nie in jou biografie is nie.

  • Ek is nie baie mal oor kuiergaste nie, tensy ek voorberei is.
  • Ek is nie besonder lief vir sjokolade nie, maar ek is lief vir lekker terte en hou van ’n lekker koffie daarby.
  • Ek is mal oor katte, maar baie allergies vir hulle.
  • Ek gee nie om in watter kar ek ry nie, vir my is ’n kar ’n kleur. Nie ’n fabrikaat nie.
  • Die uiterlike maak glad nie vir my saak nie

One thought on “Cecilia Nortjé gesels…

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s