VAN WAAR DIE INSPIRASIE: Altyd die Strooimeisie

Madelie Human gesels oor die laaste boek van die Le Fleur-familie!

altyd die strooimeisie_high res

Altyd die Strooimeisie is die sesde en laaste boek in die reeks oor die mense van Le Fleur in Franschhoek. Al die lesers het sekerlik gedink dat ek Leanie, die identiese tweelingsussie van die vorige boek se heldin, as die lewensmaat vir Meyer, die laaste ongetroude seun van Mercia Retief sou kies. Maar dit sou hopeloos te voorspelbaar wees. Dit sou ook gans en al te corny wees om twee tweelinge met mekaar te laat trou! Dit was dus vir my heerlik opwindend om nog ’n geraamte uit die Retiefs se kas te laat tuimel. Dit het my gehelp om die reeks op ’n hoë noot te kon afsluit. Ek hou duime vas dat die lesers dus die storie van Zoë Davel sal geniet. Laat weet my asseblief wat julle gedink het. Ek weet net ek gaan die Retiefs en Malans, wat nou lank saam met my geëet en geslaap het, baie mis.

Ek glo nie juis aan ’n muse nie. Daarvoor is my voete te plat op die aarde. Stories in al hul vorme bestaan in die alledaagse lewe om ons en mens moet net jou oë en ore daarvoor oophou. As ek altyd vir ’n ewig ontwykende muse moes wag, sou geen van my boeke geskryf kon kom nie!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s