Mari Pfalh

Mari is ‘n trotse ma wat graag die heldin in haar toekomstige Romanza na haar dogter sal vernoem. Ons leer haar beter ken en  gesels haar liefde vir Romanzas. Sy is ons Facebook-vriendin vir Junie.

mari phsl

Vertel ons so bietjie meer van jouself?

My naam is Mari en ek’s 23 jaar oud. Ek’s ’n baie gelukkige vrou, getroud met my beste vriend en hy is ’n boer. Ek is ’n trotse mamma van ’n 2-jarige blondekop dogtertjie. Ons woon op ’n plaas in Magalies, boer met beeste en hoenders. Ek is elke dag dankbaar vir Ons Vader se genade en Sy mooi skepping om ons.

Wat geniet jy die meeste van lees?

Ek geniet dit om die emosies in ’n boek te beleef, om ’n oomlik van die werklikheid van lewe te ontsnap en rustig te wees.

Vertel ons van jou ander stokperdjies?

Ek hou daarvan om saam my man en dogter in die bos te kamp. Ek het ook ’n groot liefde vir dans.

MariFB

Behalwe romanse lees ek ook graag …

Ek hou ook daarvan om Mills & Boon te lees, maar lees graag eerder ’n Romanza.

Wat is die drie items waar sonder jy nie kan leef nie?

Tandeborsel, selfoon en ’n Romanza-boek.

Wie is jou drie gunstelingskrywers is?

My drie gunstelingskrywers is: Mari Roberts, Elsa Winckler en Dina Botha.

As jy drie mense na ete sou nooi (lewend of dood), wie sal dit wees?

My drie gunstelingskrywers!

Watter boeke kan jy herhaaldelike lees?

Heldergeeldag, Liefdesdroom, Kaapse draai, Impulsiewe besluit, Liefdesles vir Lynelle, ’n Ma vir Frieke, en Liefdesboodskap.

Watter heldin het  jy onvergeetlik gevind? Wat het haar uitsonderlik gemaak?

Cara van Heldergeel dag, sy laat my baie aan myself dink.

Sal jy ooit ‘n boek wou skryf?

Ek sal baie graag ’n boek wil skryf. Ek glo dit sal in die toekoms gebeur.

Wat sal die boek se naam wees?

Sy boerenooi

Wat sou jou heldin se naam wees? Hoekom?

Mienkie – dis my dogter se naam en ek sal graag wil hê dat opregte en warm liefde  haar eendag inwag.

’n Held is aantreklik as hy watter eienskappe het?

Aantreklik, geduld en ’n ware ‘gentlemen’.

Waar sonder kan jy nie leef nie?

Ek kan nie leef sonder my man, my dogter, ons boerboel Boesman en Foxie (Trompie) nie. Ook nie sonder ’n Romanza in die aande nie.

Aanhaling waarvolgens ek leef, is:

Alle goeie dinge is die moeite werd om voor te wag.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s