VAN WAAR DIE INSPIRASIE: TYD SAL LEER

Alma Carstens gesels oor die inspirasie vir TYD SAL LEER.

tyd sal leer_hoë res

Ons het ses en ’n halwe jaar in Malawi gewoon en nes destyds toe ons in Kenia gebly het, wou ek graag ’n storie skryf wat daar afspeel sodat lesers ’n kykie kan kry van die land se kultuur, die mense en die omgewing.

Ek het op Likoma besluit, omdat ek wou hê die plek moes vêr van die beskawing en redelik afgesonderd wees.  Siënna, ’n baie bedorwe meisie wat net aan die allerbeste gewoond is, beland in ’n uiters arm en afgeleë gemeenskap. Hoewel sy alles het wat geld kan koop, leer sy op die eiland die waarde van vriendskap en beleef sy menslikheid en liefde in die suiwerste vorm.  En dis hier waar sy besef wat Marco bedoel het, toe hy vir haar gesê het: “Dis wat hierbinne aangaan wat saak maak. Nie waarmee jy jou uiterlike versier nie.”

Die storielyn, karakters en meeste plekke soos die sendingstasie, die kliniek, Lapichi Lodge op Nkhatabaai en The Mangotree, is alles fiktief, maar die Ilala, die dorpies in Malawi asook die hotelle in Lilongwe wat genoem word, bestaan wel.  Malawi is ’n ontsettende arm land met baie vriendelike mense, maar die gebrek aan goeie mediese fasiliteite in veral afgeleë gebiede is ’n realiteit.  Wat my altyd opgeval het in die tyd wat ons daar gewoon het, is dat die mense ten spyte van hul armoede, altyd dankbaar en gelukkig voorgekom het.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s