VAN WAAR DIE INSPIRASIE: Pajamadril vir Kael

Wie was die muse vir  Kael? Wat was die eerste inspirasiesaadjie vir Pajamadril vir Kael? Ons gesels met Dina Botha!

pajamadril vir kael_hoë res

My inspirasie vir ’n storie kom soms met ’n hengse draai, soos Pajamadril vir Kael. Iemand het onlangs gepraat oor haar vreemde kosgiere tydens haar swangerskap en ek het aan ’n staaltjie, wat my oorlede ouers my as kind vertel het, gedink. Toe my ma met my swanger was het sy hierdie onbeheerbare lus vir groen druiwe gehad en my pa moes in die middel van die nag Pretoria se strate fynkamp vir ’n druiweprieël. Gelukkig vir hom het hy wel een gevind mét grasgroen suur druiwe. Ek het ’n notatjie in my kop gemaak dat ek die kosbare herinnering tog eendag in ’n storie wil gebruik.

’n Paar dae later ontmoet ek ’n man wat sy vrou ontmoet het toe sy ver swanger met ’n ander man se kind was en net daar kry my storie en my held gestalte. Ek dink dit neem ’n wonderlike man om op ’n swanger meisie verlief te raak en dit neem ’n uitsonderlike mens om iemand anders se kind as sy eie groot te maak. Aan die einde van my eie storie was ek goed verlief of my eie held. Ek hoop my lesers vind Kael ook ’n droomman.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s