VAN WAAR DIE INSPIRASIE: Struikel oor liefde

Rika du Plessis gesels oor inspirasie tot die ontstaan van Struikel oor liefde.

struikel oor liefde_hoë res

Ek is lief om stories te skryf met ‘n plaas as agtergrond soos my lesers seker teen hierdie tyd weet. Toe ek nog ‘n voorskoolse kleuter was, het ons op ‘n plaas gewoon. Daarna is die plek verkoop, en ek het dit baie, baie jare later weer gesien toe  tydens ‘n vakansie in daardie area. Die boer wat die plek gekoop het, het intussen ook al weer verkoop, en die nuwe eienaar het ons toestemming gegee om daar in te gaan.

Dit wat ek van die plek onthou het, is my ma se pragtige blomtuin, die spierwit groot, netjiese plaashuis. Ek kon nie glo toe ek die verwaarlosing om my sien nie. Die huis was vervalle, geen teken van ‘n tuin meer nie. Geen mense woon op die plek nie, dis opgedeel in kampe vir die boer se beeste en skape.

Ek het onder die voordeur wat aan een skarnier gehang het ingekruip, gegril vir die spinnerakke, ‘n droë tak opgetel en die spinnerakke voor my weg gevee soos ek dieper ingestap het. Ek wou myself ten minste verseker ek onthou al die vertrekke. Niks het bekend gelyk nie, en die stoflaag het dik oral gelê. ‘n Ou half flenter houtbankie het voor een venster gestaan, en ek het daarop neergeplof terwyl stofdampe om my opgewalm het. Ek het genies, en vir myself lag gekry, by die glaslose venster uitgekyk, en my vrugbare verbeelding het die res gedoen. Hoe sou ‘n juffertjie wat net die glanslige van die filmwêreld ken in so ‘n plek reageer? En so het Struikel oor liefde vorm aangeneem.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s