Die jongste boeke is hier!

Die Junie boeke is hier!

Pajamadril vir Kael – Dina Botha

pajamadril vir kael_hoë res

Jenna het lankal berus dat sy haar ongebore seun alleen sal moet grootmaak. Nou het haar oorlede man se broer, Kael Roothman, opgedaag en hy wil surrogaatman en -pa speel. Sy het nie eers van sy bestaan geweet nie.

Tyd sal leer – Alma Carstens

tyd sal leer_hoë res

Siënna gaan soek ’n uitkoms vir haar probleem in Malawi. Gou is haar besoek veel meer ’n avontuur as ’n vakansie.   Is Marco die oplossing vir haar probleem en die sleutel tot haar vryheid?

 Sy liefdesplan – Ronelle Uys

sy liefdesplan_hoë res

Janneman Malan val Kate se lewe letterlik binne. In ‘n oogwink woon hy en sy hond onder ‘haar’ dak, teken sy haar vryheid weg, trou en beland op ‘n privaatstraler Londen toe. Maar sy het geen keuse nie.

Struikel oor liefde – Rika du Plessis

struikel oor liefde_hoë res

’n Verwerpte filmster vlug na haar erfplaas in Suid-Afrika. Daar vind sy ’n aantreklike vreemdeling wat kan bewys hy het die reg om die plaas vir vyf jaar te huur. Sy teenwoordigheid laat haar hart vinniger klop – hoe nou gemaak?

VANDAT JY WEG IS – Santie van der Merwe         

Vandat jy weg is

Dis die tweede boek in die tweeluik wat begin met Gelyke kans. Jessica en Anton de Lange besef dat die huwelik wat hulle die afgelope paar maande aan mekaar probeer plak het, nie redbaar is nie. Die noodlot gryp in, en ruk Anton finaal weg. Jessica bly agter, van voor af verpletter. Sy moet staande bly ter wille van haar drie kinders, en haar florerende besigheid wat soveel ander mense se lewe raak.

Toe sy besef haar jeugliefde, Joe Verster het moed opgegee om haar liefde te probeer wen, is dit vir haar ’n dubbele verlies. Joe het ’n kontrak geteken om vir ’n jaar by ’n kliniek in Kenia te werk. Hy gaan terugkom, verseker hy haar. Dit sal haar tyd gee om haar verlies te verwerk, om haar lewe in oënskou te neem.

Sal Jessica en Joe se liefde die toets van tyd deurstaan? Is dit ooit ware liefde, of bloot versotheid? En sal hulle ooit ontslae wees van die spook van Anton de Lange?

SALIGER – Dibi Breytenbach

Saliger

Amalia Abrieu is ’n siniese aanklaer met ’n sterk sin vir geregtigheid. Sy spesialiseer in die vervolging van kinderverkragters. Sy weet die stelsel werk nie soos dit moet nie, maar sy probeer haar bes, al is dit moeilik. Haar beste, en enigste vriend, én minnaar is Hendrik, ’n oud-soldaat wat self as gevolg van dade uit sy verlede ’n draai by die Waarheids- en Versoeningskommissie gemaak het.

Een aand, na nóg ’n dag van wat Amalia beskou as ongeregtighede in die hof, maak sy ’n onbesonne uitlating teenoor Hendrik. Skielik begin die verdagtes wie se sake sy in die hof hanteer, sterf. Amalia is geskok. Is Hendrik ’n moordenaar?

Terselfdertyd tref ’n tragedie ’n geliefde predikant in die klein dorpie. Die pastorie, met die dominee se vrou en kinders binne-in, brand af. Die vrou en kinders oorleef egter die brand en die dorp span saam om die gesin te help. Selfs Amalia gaan uit haar pad om die gesin, en in die besonder die predikant self, ter wille te wees.

Alles is egter nie soos dit op die oog af lyk nie. Dit blyk dat daar sinistere motiewe agter die brand sit, en met verdrag kom Amalia agter dat goed nie noodwendig goed is nie, en sleg nie noodwendig sleg nie, veral nie op klein dorpies nie.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s