Juanita Beukes

Ons Facebook-vriendin vir Mei is Juanita Beukes. Sy is mal oor lees, scrapbooking en kosmaak. Leer haar ken!

Juanita B

Vertel ons so bietjie meer van jouself?

Ek is 18 met 22 jaar se ondervinding. LOL. Vrou vir Rupert, Ma vir CG en ontvangsdame van beroep.  Ek is versot op die bosveld en kan nie funksioneer in die dag sonder my eerste koppie koffie en musiek nie. My twee hondekinders maak my dag as hulle stertswaaiend opgewonde blaf in die middae by die voordeur as ek by die huis kom.

onderhoud 1

Wat geniet jy die meeste van lees?

Na ‘n lang dag by die werk is dit vir my die lekkerste om met ‘n boek in die bed te klim en net af te skakel of soos my seun sal sê “chillax”. Dit is my ME–TIME. Ek leef my partykeer so in dat ek my man al wakker gehuil of gelag het. Ek beleef nuwe plekke en avonture saam met elke heldin.

Wat is die drie items waar sonder jy nie kan leef nie?

My Bybel, my 2 manne (my man Rupert en seun CG) en my laptop

Wie is jou drie gunstelingskrywers is?

Sjoe dit is so moeilik! Ek is mal oor baie skrywers se boeke, maar as ek moet kies, sal my drie gunstelingskrywers Dina Botha, Karen Kingsbury en Ena Murray wees. Love die oldies!

????????????????????????????????????

As jy drie mense na ete sou nooi (lewend of dood), wie sal dit wees?

My ma Ryna – sy is verlede jaar in Junie oorlede en ek mis haar en ons elke dag geselsies baie. Daar is so baie wat die laaste paar maande gebeur het wat ek graag vir haar sou wou vertel.  Dina Botha en Karen Kingsbury – my twee gunstelingskrywers, sal nogal lekker wees om te hoor waar al die idees vandaan kom.

Watter boeke kan jy herhaaldelike lees?

Ek het twee boekrakkke in die huis wat volgepak is, daar sal jy so ’n wye verskeidenheid van boeke kry. Ek en my man is albei BAIE lief  vir lees. Enige storie met humor en ’n “happy ending” …… ‘n “feel good” storie, sal defnintief meer as een keer gelees word.

1239920_10201164066798548_1648763464_n

Watter heldin het  jy onvergeetlik gevind? Wat het haar uitsonderlik gemaak?

Kristina in Wilna Adriaanse se boek, Meer as woorde. Die pad wat Kristina geloop het was ’n moeilike een. Haar karakter was sterk en vroulik, jy het saam met haar gehuil en saam met haar gelag.

Sal jy ooit ’n boek wou skryf?

LOL … Eendag lank lank gelede het ek met hierdie storie in my kop rondgeloop vir weke lank. Ek het toe op ‘n stadium besluit om dit neer te skryf, miskien kan ek my eie boek skryf … Wel, ek het daar agterkom dat ek nie gemaak is vir skryf nie, dus hou ek by die lees van ander se mooi stories

’n Held is aantreklik as hy watter eienskappe het?

Hy moet gentle en vriendelik wees en hy moet weet dit is die klein dingetjies in die lewe wat saak maak. Hy moet vriendelik, hulpvaardig en spontaan wees en van honde hou (en as hy soos Channing Tatum of Hugh Jackman lyk is dit ‘n plus. )

Waar sonder kan jy nie leef nie?

Sonder musiek en lekker boeke sal die lewe maar lekker saai wees!

Lewensmotto is…

Maak nie saak wat gebeur: MOET NIE GAAN LÊ NIE!  Staan sterk dit sal oorwaai.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s