VAN WAAR DIE INSPIRASIE: Spioen vir liefde – Elsa Hamersma

Elsa Hamersma gesels oor die inspirasie agter Spioen vir liefde …

Spioen vir liefde (hoëres)Elsa Hamersma web

Ek het die ware verhaal gehoor van ‘n man wat een Oujaarsaand op ‘n stranddorp was en saam met al die ander jong mense (wat hy en sy vriend van geen kant af geken het nie) partytjie gehou. Ses weke later het ‘n meisie wat hy dié aand die eerste keer ontmoet het, laat weet dat sy swanger is. Hy was baie omgekrap en het gemeen dis nie sy kind nie. Vaderskapstoetse is gedoen wat bewys het hy is wel die biologiese vader.

Hy kom uit ‘n baie ryk familie en was bereid om onderhoud te betaal, maar wou niks met die kind te doen gehad het nie.

Twaalf jaar later – steeds ongetroud en sonder kind of kraai – het hy hom bedink en toe wel die kind ontmoet. Die seuntjie (saam met sy jonger boetie, die ma is intussen getroud) is vir die Kersvakansie saam met die hele familie na hulle strandhuis genooi. Almal was baie beïndruk met die oulike, slim kinders met die goeie maniere. Veral die oupa was in vervoering oor die kleinkind (die eerste)! Gelukkige einde!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s