Gesels met Louise Minnaar

Louise Minnaar eerste Romanza, Ons twee saam, het in Mei by LAPA Uitgewers.  Louise glo daarin om ‘n goeie werk-/ontspanningsbalans te handhaaf. Sy het haar eerste storie geskryf toe sy elf was – skryf was nog altyd een van haar passies. Sy bestee ook graag tyd saam met vriende en familie. Ons gesels so bietjie met haar.

????????????????????????????????????

Ons twee saam (hoëres)

Waar skryf jy?

Ek skryf net waar ek die kans kry – op vakansies, as ek wag vir die verkeer om te sak, op my bed…

Drie items waar sonder jy nie kan leef nie…

Die drie goed wat ek nodig het. Sjoe, my selfoon, ‘n rekenaar (met internet!) en my kar. Dan kan ek oorleef!

Wie jou drie gunstelingskrywers is?

Wilna Adriaanse, Deon Meyer en Jodi Picoult.

As jy drie mense na ete sou nooi (lewend of dood), wie sal dit wees?

Albert Einstein, Winston Churchill en Moeder Theresa. Dink dit sal maak vir n baie interessante gesprek!

Wat was die beste raad wat jy oor geskryf gekry het en van wie?

Die beste raad is beslis al die aanmoediging van vriende en familie. Dis belangrik om nie moed op te gee nie.

Watter boeke kan jy herhaaldelike lees?

Enige mooi storie, wat mens goed laat voel, is die moeite werd om weer te lees!

’n Held is aantreklik as hy watter eienskappe het?

‘n Held is aantreklik as hy ander mense met respek behandel en bree skouers help natuurlik ook!

Werk jy tans aan ‘n boek?

Ek is besig met ‘n paar idees vir nog ‘n storie!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s