Moedersdag

Gister was Moedersdag. Die een dag in die jaar waar ma’s bedank word vir hul opoffering, oneindige liefde en die altyd beskikbare skouer om op te huil.

download (1)

Op Moedersdag sou ek elke jaar vroeg opstaan en vir my ma ontbyt maak: eiers wit hard, geel sag. Toe ek klein was het ek myself belowe om heeldag soet te wees (ek het gewoonlik dié belofte tot na kerk gehou). Toe ek ouer word, wou ek haar altyd laat lag. My ma het hierdie lag wat my laat glimlag as ek dit hoor. Dit is ons tradisie.

Met ons Valentyns-kompetisie het baie inskrywings oor die klein gebare van lesers se kinders gegaan. Lees gerus wat kinders doen om aan hul ma’s liefde te wys.

Jacqueline Roode Vd Merwe: “My seuntjie bring amper elke dag vir my ‘n kaartjie wat hy gemaak, wat sê: ‘Ek is lief vir Mamma.’ Hy pluk ook blommetjies langs die pad van skool af en bring vir my.”

Esmarie Swart: “My 7-jarige seuntjie wat elke oggend vir my sê: “Mamma lyk so mooi vandag” – dan voel Mamma sommer “mooi” die heeldag. Net daardie min woorde maak my hele dag die moeite werd!”

Kathleen Kloppers Joubert: “My seun (5) pluk vir my die aardigste goeters uit die tuin en veld, van sydistels tot bosse onkruid. Moenie dink ek kan dit suutjies weggooi nie – hy staan ewe trots en kyk totdat ek dit in ‘n blompot met water gesit het. Maar ek doen dit graag, die gebaar is vir my dierbaar.”

Surina Rheeders: “My seuntjie sal vir my wys “I” na homself dan ’n ♡ love-teken maak en dan na my (mamma) wys en dan knipoog hy.”

Vertel my gerus hoe word jy bederf as jy ‘n ma is of hoe het jy jou ma bederf?

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s