VAN WAAR DIE INSPIRASIE: BRUID IN BLOU

Wat het BRUID IN BLOU geïnspireer? Thea Holland vertel ons die geheim agter haar jongste Romanza.

Bruid in blou (hoëres)

Die idee vir Bruid in Blou het gekom toe ek die musiekvideo van Billy Idol se “White Wedding” sien. Billy Idol was ’n sexy man op sy dag. Sy CD’s se verkope het die hoogte ingeskiet wanneer hy op die verhoog ontslae geraak het van sy hemp. Hieroor kan ’n mens hom heelwat vergewe, selfs dat hy hom soos ’n goot gedra en sy bolip snedig aan die een kant optrek wanneer hy oor ’n tradisionele troue sing. ’n Mens moet darem onthou dis sy meisie wat in ’n wit trourok met ’n ander man wil gaan staan en trou. Ag, en dan bars hy (in leathers, op ’n motorfiets, met ’n geklater van onheilspellende juweliersware) deur ’n venster en raap die bruid voor die bruidegom se neus weg. Kaal bolyf. Amper nes die romantiese Victoriaanse Lochinvar, wat ook iemand anders se bruid onder dieselfde omstandighede ontvoer het. Hoewel Lochinvar waarskynlik meer klere aangehad het.

Al hierdie indrukke het gelei tot:

1          ’n held wat weet hoe om sy hemp uit te trek, en wat ’n meisie uit haar klere kan kyk;

2          ’n heldin wat nie regtig ontvoer word nie – sy verkwalik maar net die held omdat sy vir haar troue landdros toe gesleep is asof sy ’n rampokker is in plaas van ’n bruid.

O ja. En ook …

3          ’n goot – ’n skadelose enetjie wat inderwaarheid Francina Ina Nora Nienaber heet en wat nie te veel bladsye in beslag neem nie.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s