Mei se boeke is hier!

Bruid in blou – Thea Holland     

Bruid in blou (hoëres)

Sondagoggend gesels Jess met haar vriendinne oor haar wittebrood wat oor twee weke begin. Haar droomtroue is tot in die fynste besonderhede beplan. Maandagmiddag trou sy in ’n blou rok en met die verkeerde man voor die landdros.

 Vyfsterman – Susan Olivier    

Vyfsterman (hoëres)

Teen haar beterwete, is Janie gefassineer deur Darren. Al sy bagasie kan enige verhouding egter kompliseer. En gaan sy swaer hulle verhouding nie ’n vinnige dood laat sterf nie?

Ons twee saam – Louise  Minnaar   

 Ons twee saam (hoëres)

Hy is aantreklik, dink sy steeds effens onsamehangend. Uiters aantreklik. Die spreekwoordelike tall dark and handsome. Amper outomaties kyk sy af na sy linker ringvinger. Geen ring. Sy wil amper lag vir haarself.

Spioen vir liefde  – Elsa Hamersma     

Spioen vir liefde (hoëres)

Katryn word na ’n klein dorpie gestuur om uit te vind waarom Jos, ’n suksesvolle plastiese sjirurg, soontoe verhuis het. Hy sien haar egter aan vir ’n joernalis van ’n skinderblad en beskou haar dadelik as sy aartsvyand.

Prooi – Fanie Viljoen    

Prooi

Drie lewens raak onomkeerbaar inmekaar verstrengel:

  • Cody Young, die player, wat met losbandige seks desperaat op soek is na homself;
  • Owen Jooste, die hokvegter, met die drome, woede en jaloesie;
  • en tussen hulle staan Lauren Cooper, die beeldskone verleidster, wat op ’n pad van selfvernietiging beland.

Wie is uiteindelik die jagter, en wie die prooi? En wat gaan aan by die sinistere nagklub – Black Valentine?

Sluip daar moontlik nóg ’n jagter rond?

Solitaire – Vita du Preez      

  Solitaire (Hoëres)

Wanneer Donna de Villiers en haar man Divan skei, moet hulle hul suksesvolle juweliersonderneming en hulle huis in Tamboerskloof verkoop sodat hulle bates verdeel kan word. Haar selfbeeld is aan skerwe ná Divan se verraad en die eens suksesvolle juwelier se skeppingsdrang is daarmee heen.

Sy wil wegkom uit die kringe waarin sy en Divan beweeg het, waar almal nou oor haar vernederende egskeiding skinder. Donna swerf van kusdorp na kusdorp waar sy ontvlugting op haar branderplank en in die arms van surfers vind. Wanneer sy ná amper ’n jaar die allerlaagste punt bereik, besef Donna sy is op ’n pad van selfvernietiging.

Sy aanvaar ’n opdrag om ’n replika van ’n antieke hangertjie te maak. Dit neem haar na Minnaarshof, ’n spogplaas in die Riebeekvallei. Hier ontmoet sy vir Toit Minnaar.

Toit treur al meer as ’n jaar oor sy vrou se dood en hy neem ’n wilsbesluit om weer sy lewe op koers te kry. Hy aanvaar ’n uitdaging om deel te neem aan ’n realiteitstelevisiereeks, Boer soek ’n vrou. Wanneer die drie dames op die plaas kom kuier saam met die TV-span, begin die poppe dans. Daar is wedywering en katgevegte en Toit begin al hoe meer aangetrokke voel tot Donna.

Donna doen egter haar bes om gevoelens wat Toit in haar wakker maak, te onderdruk. Sy wil weer haar loopbaan op dreef kry én terugkry wat ’n man by haar gesteel het.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s