Ontmoet lieflike Louise

“Ek het ná ek jare elke dag gaskoeldrank gedrink het, besluit om daai gewoonte af te skaf. Omdat ons in die Bosveld, 30 kilo’s ver van die dorp af bly, koop ons maar gewoonlik ’n koeldrank vir die pad huis toe as ons in die dorp is. Laasweek koop my man toe weer vir ons elkeen ’n Coke, ek herinner hom toe vriendelik daaraan dat ek nie eintlik meer gaskoeldrank drink nie. So ewe sê hy vir my dat hy dié Coke spesiaal vir my uitgekies het waarop “Princess” staan, want ek is sy prinses. Nodeloos om te sê, my hart het gesmelt en ek het die spesiaal gekose Coke maar gedrink, want ná ’n huwelik van 26 jaar, is dit lekker om te hoor jou man dink jy is sy prinses.”

Met hierdie inskrywing vir die Romanza Valentynskompetisie het Louise Mollentze Vermeulen ons almal laat sug van verligtig. Helde bestaan toe nie net in ons Romanzas nie.

Louise Mollentze Vermeulen

Picture 031 Pieter & Louise

1. Vertel ons so bietjie meer van jouself?      

Ek is ’n 43 jarige, getroude vrou en  die ma van drie kinders, en ouma van vier kleinkinders. Ons het vir baie jare in die Vrystaat gewoon, maar is nou twee jaar in Thabazimbi. Ons geniet die Bosveld baie, en hoop om nog baie jare hier te woon. My gunsteling tydverdrywe is lees, Facebook, stap en fotografie.

2. Wat geniet jy die meeste van lees?

Ek lees al van kindsbeen af, dit is vir my ’n wegvoering na ander  eksotiese bestemmmings, sonder dat ek die gemak van my huis verlaat. Dis ’n voorreg om saam met die karakters al die lief en leed in hulle lewens te beleef. As ek sonder enige onderbrekings kan lees, verloor ek myself behoorlik in die verhaal. Ek het al trane afgevee en hardop gelag vir ’n verhaal.

3.Waar sonder jy nie kan leef nie?  

My gesin, my bril en my boeke (tydskrifte asook my storieboeke). Van my storieboeke is al dertig jaar oud. Ek is te sentimenteel om enige boek af te staan.  My selfoon waarmee ek kommunikeer op Facebook met familie en vriende regoor die wêreld, die interessante groepe/blaaie, soos Romanza, op Facebook wat ek volg.

4.Wie is jou drie gunstelingskrywers?      

Kristel Loots, Chanette Paul en Rika du Plessis. Daar is egter so baie goeie skrywers. Susanna M. Lingua se stories het my ook altyd geboei.

 5.As jy drie mense na ete sou nooi (lewend of dood), wie sal dit wees?  

My ma, sy is al vier jaar oorlede, maar ek wens baie keer daar is ’n manier  om net vinnig iets met haar te kan deel. Sharleen Surtie Richards, ’n formidabele vrou, en Natanïel, met sy kleurryke persoonlikheid.

 6.Watter boeke kan jy herhaaldelike lees?

Ettie Bierman se boeke van die lugwaardinne in Jakaranda Lugdiens, en Susanna M.Lingua se boeke oor die Portugese edelmanne en die mooi meisies sal ek altyd weer lees.

 7.Watter heldin het  jy onvergeetlik gevind? Wat het haar uitsonderlik gemaak?

Anna, in Dis ek, Anna en Die staat teen Anna Bruwer, is vir my onvergeetlik. Anna se verhaal gebeur met baie mense, en die feit dat sy opgestaan het vir haarself en haar suster, almal staan nie op teen iemand wat hulle so te na kom nie. Anna het senuwees van staal.

 8. ’n Held is aantreklik as hy watter eienskappe het?    

As hy eerbaar, Christelik, romanties, humoristies is, en ’n sterk persoonlikheid het.

3 thoughts on “Ontmoet lieflike Louise

  1. Babette Clare says:

    Al is ons vriende van bykans veertig jaar, was dit baie interessant om te lees, Louise. Pragtige mens.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s