VAN WAAR DIE INSPIRASIE?

ELIZE DAVIES vertel ons oor die inspirasie vir ONMOONTLIKE MANSMENS.

onmoontlike mansmens_high res

My kinders was nog klein, destyds toe ons in Oos-Londen by my sus gaan kuier het. Ons het op Egoda-strand gaan stap, en die myle-lange goue strand het net aan ons behoort. Die rustigheid, die stilte, die blou-blou hemel, die goue sand en dan natuurlik die see … dit was so verskriklik, seermaakmooi. Die dag het ’n onuitwisbare herinnering geword wat later gelei het tot die publikasie van my eerste tydskrifstorie, maar ek wou nog altyd weer daaroor skryf.

Watter meisie sou op die goue sand van ’n verlate strand loop? Sy moet sag en vroulik wees, maar iemand wat nie op haar laat trap nie; onskuldig, maar nie naïef nie. Só is Karien gebore. En die man wat die strand met haar deel? Aantreklik, natuurlik, en ryk – wie wil nou met te min geld sukkel? ’n Sin vir humor is ’n voorvereiste. Hy kan maar soms befoeterd en koppig wees, en hy moet sy man kan staan, maar hy moet ’n vrou se hart kan koester.

fee

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s