Van waar die inspirasie?

Al ooit gewonder hoe ons skrywers stories skep wat dan ‘n werklikheid van hulle eie word? Ons gesels met Joléne de Koningh oor wie die muse is vir Perfek vir haar.   

Perfek vir haar (hoëres)

Die muse vir hierdie, en meeste van die ander romanses wat ek skryf is:

My man Johann is altyd gereed met een of ander idee – al moet ek soms baie sensor daaraan. Hy is ’n waardige (maar stout) professor, maar ook baie lief vir karre en motorfietse.

Hierdie keer het hy vir my gesê: “Ek stel my hierdie prentjie voor: ’n man ry met ’n pragtige veteraanmotor en ’n meisie kom op ’n motorfiets verby hom gejaag. Hy verkyk hom aan die parmantige boudjies in die styfpassende leerbroek.”

En daar gaan my storie. Ek gee die karakters lyf en agtergrond en hulle skryf self die storie verder. Ek moet net hier en daar die teuels styftrek.

Vir dié wat verder belang sou stel: Omdat my man my klankbord vir die liefdesverhale is, het ek gevoel ek kan nie net onder my naam skryf nie. Ons neem toe die Jo van Johann en ons maak Lien léne. Siedaar, Joléne de Koningh, in plaas van de Jager – hoekom nie?

fee

One thought on “Van waar die inspirasie?

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s