Peet Venter en Thys Krige

Sommige herinneringe by jou altyd by. So sal die “Kyk dieper as die bloed”-raad deur ’n onbekende man op ’n fiets Thys Krige se aansporing in die lewe word. Dít en die moord op sy pa laat hom by die polisie aansluit. Maar vyftien jaar later, het hy steeds nie sy pa se moordenaar opgespoor nie.

En wie was die vreemdeling op die fiets wat duidelik meer geweet het?

Die skrywer

Peet-Venter

Peet Venter se eerste roman, Die Alleenlopers, is in 1979 deur Nasionale Pers gepubliseer. Daarna volg ’n verdere nege werke, meestal speurrillers, asook ’n aantal kortverhale in verskeie bundels, almal gepubliseer deur JP van der Walt/LAPA Uitgewers. ’n Verskeidenheid kort- en vervolgverhale verskyn ook in die destydse Keur.

Venter is verbonde aan ’n raadgewende ingenieursfirma in Pretoria en in sy vrye tyd is hy ook ’n skilder en beeldhouer. Hy woon op sy plaas in die Dinokeng-reservaat.

Pryswoorde vir Peet Venter

Izak de Vries skryf op LitNet: “Ek gaan van nou af Peet se boeke aanbeveel vir enige een wat sukkel om te show in hulle skryfwerk. Baie mense haak vas by beskrywings en morele vraagstukke en lewenslesse. Peet Venter donder voort, hy boender jou in die storie in en hy sleep jou saam op ’n mallemeulereis deur sy storie. Kyk mooi: Jy sien die hele tyd die gebeure. Dit voel of jy na ’n film kyk.”

Jonathan Amid skryf só oor Waar boosheid broei op LitNet: “Ons het hier met meer as net genrevermaak te doen. Daar is weinig kans vir die leser om asem te skep soos wat Venter die spreekwoordelike vuishoue op die leser laat reën. Etiek, moraliteit en geregtigheid, tesame met die aard en betekenis van die bose, is die gewigtige onderwerpe wat hierdie gerekende skrywer geslaagd ondersoek.”

Die boeke in volgorde is: 

Boek 1: DIEPER AS DIE BLOED

dieper_as_die_bloed

Thys Krige sou kon deurgaan vir eksentriek. Daar is ’n vrou, ja, maar dié is buite sy bereik. Sy enigste geselskap is sy twee Jack Russells daar in sy huis met baie glas en hout, omring deur bome teen die Magaliesberg se noordelike hang. Sy missie in die polisie se speurafdeling het sy oorsprong in die moord op sy pa vyftien jaar gelede.

Die reeksmoordenaar wie se gruweldade hy nou ondersoek, laat onder andere ’n wit roos op die slagoffer se bors. En die slagoffer se oë … Nou ja, niemand het gesê ’n reeksmoordenaar laat die moordtoneel netjies agter nie. Die moordenaar doen ook nie veel moeite om hom te vermom vir die sekuriteitskameras in die gebou waar hy sy eerste moord uitvoer nie. As dit ’n “hy” is, bygesê.

Uiteindelik vind Krige die moordenaar. Maar dit is nie die einde van hierdie saak nie.

Boek 2: OU BLOED

Ou bloed

Thys Krige is al vyftien jaar op die spoor van sy pa se moordenaar. Ou bloed. Dit is trouens hoekom hy by die polisiemag aangesluit het. Keer op keer bevind hy hom in ’n doodloopstraat. En telkens word sy soektog gedwarsboom – onder andere deur korrupsie in die polisiemag.

Maar Krige het in sy soektog ’n vennoot waarvan hy nooit geweet het nie en hierdie mens glo nie net in bloedige en grusame geregtigheid nie, hy gee uitvoering daaraan. Wat Krige ook nie weet nie, is dat die bloed inderdaad dieper loop, soos ’n geheimsinnige figuur vir hom gesê het die aand toe sy pa vermoor is.

Venter lei die leser na tonele wat die bloed laat stol, na die donker en droewe wêreld van dwelms en kinderhandel. En ja, daar is ’n vrou, een wat al ’n pad saam met Krige geloop het.

Boek 3: WAAR BOOSHEID BROEI

Waar boosheid broei Hoëres

Thys Krige is terug. Dié oudspeurder-kaptein het die reputasie van ’n bloedhond én ’n veghond. Nou het ’n joernalis in Zimbabwe iets aanskou wat hy nie moes nie, iets wat hom snags gillend laat wakker skrik, selfs noudat hy uit die hel van ’n Zimbabwiese tronk verlos is. Wat hy gesien het, weet niemand nie want hy het geheueverlies. Dit is Krige se taak om uit te vind wat dit was. Daarvoor moet hy self Zimbabwe toe.

En in die Suid-Afrikaanse polisiemag en die wêreld van oudmilitariste is daar boosheid wat die gruwels oorskry waarvan koerante berig.

Krige is wat hy is, en die pad sal hy alleen moet loop. Hy maak mense dood. En Robyn, die joernalis wat sy bed en sy hart maar nie sy huis met hom deel nie? Hy weet nie; dis deel van die onrus in hom. Hy wil haar beskerm teen die misdaad wat sy oopvlek. Hy, wat so naby die dood lewe? Hierdie keer is nie net haar lewe in gevaar nie maar ook haar menswees.

Boek 4: PLASENTA

Plasenta (hoëres)

Thys Krige maak mense dood. In hom dra hy daardie donker ding wat doodmaak vir hom moontlik maak. Maak dit hom dan enigsins beter as die verkragters, die moordenaars, die kinderontvoerders, die drek waarop hy jag maak? Hy weet self nie want hy is byna op daardie stadium dat hy en sy slagoffers filosofies kan raak oor die bedryf van misdaad en geregtigheid en wie se beurt dit hierdie keer is om te sterf.

Dié keer is dit syne, daarvan is Krige byna seker. Maar dit is ook die een sending waarvan hy nie sal afsien nie, want dit is bloed wat hom roep, gedeelde plasenta.

Daar is ’n bloedband tussen hom en Karen, ’n plasenta wat gedeelde gene dra, soveel dieper heg. Om niemand meer oor te hê nie, is die som van alleen wees. Maar as ’n halfsuster wat jy nooit geken het nie miskien nog leef, beteken dit nie jy het iemand oor nie.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s