Henk Breytenbach: Kan alle Breytenbachs dan skryf? – Monique Bisschoff

Kodenaam Icarushoofkarakter2

As ‘n self-erkende liefdesslaaf, moet ek bieg: Henk Breytenbach se debuut, Kodenaam Icarus is nie juis die tipe boek wat ek sommer sal nadertrek nie.

Ek is een van jou tipiese romantiese lesers: opgekrul in ‘n stoel, ‘n glas wyn en ‘n plak sjokolade byderhand. Al wat kort is die kat.

Maar Henk kon my nie MEER verras nie! Sy debuutroman in hierdie misdaadgenre, het werklik my verwagtinge oortref: ja, daar is die tipiese eienskappe van ‘n misdaadroman wat daar hoort om te sorg dat die verhaal slaag soos dat die held rof, grof en onbeskof is, ‘n drankprobleem het wat hom opdraande stryd gee, en al sy frustrasies met sy vuiste regdokter.  Maar die storie is opwindend, nuut en hardgebak, en dan is dit boonop nog goed geskryf ook. Sommer baie goed!

Die boek volg vir Vic Nel, ‘n man wat nie toelaat dat moord tussen hom en sy sin vir reg en geregtigheid kom nie. Soms beplan, ander tye nie. Die vonke spat behoorlik toe hy onwetend een van die land se mees gesoekte misdadigers aanrand omdat dié sy slegte maniere op ‘n prostituut uithaal. Maar dan sterf die man en breek alle hel vir Vic los.

Dan is daar die raaisel agter die Helderberberg Boeing asook die gewetenlose hoof uit die apartheidsjare, wat alles saamwerk om Nic se lewer vir hom te werk. En hy word bietjie vir bietjie al hoe nader aan die afgrond gestoot…

En hier sit jy met ‘n resep wat jou jou naels laat opkou van spanning en afwagting: kat, sjokolade en wyn vergete.

Sodra iemand die Afrikaanse woord vir “page turner” skep, sal daar ‘n foto van die omslag van Breytenbach se boek by die omskrywing wees.

Die vraag kom onwilllekeurig by my op: as jou van Breytenbach is, is dit dan jou lot om ‘n goeie skrywer in Afrikaans te wees?

Ek vermoed so. Hou hierdie man dop: hy gaan nog vir Deon Meyer slapelose nagte besorg en ek hoop vir ‘n opvolg!

3 thoughts on “Henk Breytenbach: Kan alle Breytenbachs dan skryf? – Monique Bisschoff

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s