Die jongste boeke is hier!

Onmoontlike mansmens – Elize Davies    

onmoontlike mansmens_high res

Karien Kruger trou met Hugo Steyn omdat hy dan die beplande ontwikkeling van haar tuisdorp sal stopsit. Die saketransaksie beweeg egter gevaarlik na aan haar hart wanneer sy besef sy het gevoelens vir Hugo ontwikkel.

Perfek vir haar – Joléne de Koningh   

Perfek vir haar (hoëres)

Karla Minnaar is heimlik verlief op Doktor Johan Cloete. Sy vergesel hom na die Karoo op een van sy navorsingsekspedisies. Maar net toe sy dink om haar gevoelens aan hom bekend te maak, verskyn sy eksverloofde op die toneel …

Vlerke vir jou hart   – Frenette van Wyk    

Vlerke vir jou hart (hoëres)

Bronwen Lindeque raak verlief op die sjokolateur, Sylvain Dubois, by wie sy ’n sjokolateurskursus in Frankryk loop. Sy stem in om sy duiwe op te pas, maar toe een wegraak, vertroebel hulle verhouding.

 Verspeelde tyd  – Ann Hite Kemp  

Vlerke vir jou hart (hoëres)

 Moira weier om haar tienjaar matriekreünie by te woon. Deetlef het haar destyds verneder deur haar ‘n week voor die matriekafskeid mee te deel dat hy eerder vir Nata soontoe sal vergesel. Nou wil Deetlef opmaak …

HUWELIKSKLOKKIES OP JAKKALSWATER – Sarah du Pisanie

Huweliksklokkies op Jakkalswater (hoëres)

Vroeg in die dertigerjare van die vorige eeu is Faan en Ben sekerlik die hubaarste identiese tweeling in die ou Suidwes. Maar dit is blykbaar net hulle skoonsusters wat daarvan bewus is en hulle so gou en so goed as moontlik getroud wil kry.

Eers moet Ben hom teen hierdie aanslae verweer toe Karlien op die toneel verskyn. En dit terwyl Karlien eintlik net ’n verlore kleindogter is wat in hierdie omgewing kom soek het na die oupa wat sy nooit geken het nie. Al wat vir Ben nogal hinderlik is, is die Duitser wat op haar spoor is.

Teen die tyd dat Ben en Karlien se sake uitgesorteer is, het Hanna reeds op ’n naburige plaas ingetrek, haar erfplaas. As sy nie haar eiendom teen haar listige stiefbroer moet verdedig nie, is dit teen die mans in die omgewing se mening dat ’n vrou haar eers moet bewys voor sy kan boer. Tot Faan op die toneel verskyn …

PLASENTA – Peet Venter

Plasenta (hoëres)

Twee take bly vir oudspeurderkaptein Thys Krige oor: Om die dood van sy minnares, Robyn Arendse te wreek en om die laaste hoofstuk van sy troebel verlede te voltooi, naamlik die ontvoering van sy halfsuster, Karen Borijn.

Hy weet ’n internasionale mensehandelsindikaat is vir beide verantwoordelik. Nou moet hy die magtige organisasie alleen aanpak.

Karen is meer as vyftien jaar gelede, op twaalfjarige ouderdom ontvoer. Die vraag is of sy nog leef, en indien wel, in watter toestand sal sy wees as hy haar opspoor. Jong meisies word vir prostitusie ontvoer.

Krige kom op die spoor van ’n Turkse sluipmoordenaar wat in diens van die sindikaat is. Hy dwing inligting uit die man wat hom eers na Maputo toe lei, vanwaar ontvoerde meisies verskeep word na Pakistan. Daar kry hy inligting by ’n middelman wat betrokke was by Karen se ontvoering.

Dit lei hom na Ciprus, waar hy op die spoor kom van die sindikaat se hoof wat die opdrag vir Robyn Arendse se dood gegee het. Dan, skielik, vind hy leidrade wat na Karen lei. Die probleem is, die huis waar al die geheime bewaar is, word deur gewapende wagte bewaak. Krige word deur die wagte gevange geneem … en nou moet die leser maar self verder lees.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s