LIEFDE VIR ’N VUURVRETER – Didi Potgieter

Liefde vir 'n vuurvreter

Imke gooi dapper die serp om haar nek toe sy buite die hotel staan. Sy is nou al drie maande in New-York en het nog nie een dag die kans gehad om toeris te wees nie. ʼn Parker kan immers nie ʼn toeris wees nie. Maar sy is nie ʼn Parker nie – nie in Robert se oë nie.

Imke vee ʼn traan van haar wag af voor sy haar hand lig om ʼn taxi te stop.

“Waarheen?” Die man kyk afwagtend in sy truspieëltjie vir ʼn antwoord.

“Ek weet nie presies nie. Ek wil ʼn boot na Liberty eiland vat?”

“Maak so,”

Ten spyte van die verkeer vat dit nie lank voor hy haar by die hawe aflaai nie. Sy verkyk haar aan die beeld van die vrou met die fakkel in haar hande wat nou so naby lyk. ʼn Simbool van vryheid, dink Imke.

Skielik is die term vryheid vir Imke relatief.

Drie maande terug sou sy wat wou gee om ‘vry’ te wees. Om ontslae te wees van die Parker naam en al die verantwoordelikhede wat daarmee saamgaan, nou weet sy nie meer of sy daarsonder sal kan lewe nie.

Imke betaal ʼn belaglike bedrag aan die toergids om in die vrou se maag op te gaan. Thys het gesê dit is ʼn moet en boonop het sy perspektief nodig en wie weet, dalk as sy die wêreld deur die Statue of Liberty sy oë sien, lyk haar probleme kleiner.

Toe sy uiteindelik bo kom, is Imke amper te moeg om die uitsig te geniet. Tog neem sy ʼn foto en laai dit op Facebook sodat Thys dit met haar kan deel. Toe haar profiel egter voor haar oop is, wil Imke lag.

Volgens Facebook is sy nog verloof aan Henk. Is sy nog Imke van der Walt. Is sy nog gelukkig in haar bubble, baie ver verwyder van die Imke Parker wat nou ʼn foto van New York vanaf die hoogste punt op die Statue of Liberty die wêreld instuur.

Die Imke Parker wat volgens die New York Times die Prinses van die Park-sakeryk is. Wat saam met van die grootste name in Hollywood skouers geskuur het en afgeneem is saam vroue soos die hertogin van Cambridge. Die Imke wat haar hele lewe daarin geslaag het om haar hart en haar seksualiteit uit ʼn verhouding te hou, net om dit hier op die mees gesogte bachelor in New York te verloor.

Die gedagte laat Imke haar jas nog stywer om haar vou. Maak nie saak hoe hoog sy bo die stad is nie. Die waarheid is. Haar hart lê daar onder – doer in die Park-hotel, en al doen sy wat, sal dit nooit weer haar eie wees nie.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s