Die jongste boeke

HIBISKUSVROU – Rykie Roux

Hibiskusvrou

Theuns slaan die onafhanklike en selfstandige Nerita se voete onder haar uit. Maar toe breek haar een en twintigjarige seun Theuns se lieflingdogter se hart. En Nerita weet Theuns sal haar nooit bo sy meisiekind kies nie.

HAAR EIE SPROKIE  – Cheryl Rogers

Haar eie sprokie

Die blonde Jandré Human is nie regtig Erika se tipe nie, tog voel sy aangetrokke tot hom. Wat is daardie magiese “iets” wat maak dat iemand vir jou uitstaan, en voel hy dieselfde oor haar?

LIEFDE VIR ’N VUURVRETER – Didi Potgieter

Liefde vir 'n vuurvreter

Om vervolging te vermy, stem Imke in om ryk Robert Parker se vrou te word. Net op skrif en net tydelik. Haar hart hou egter hopeloos te veel daarvan om Robert se vrou te wees.

VIER MAGIESE WOORDE – Ria Richards

Vier magiese woorde

Tot dusver het Zayleandré doodgelukkig saam met haar papegaai en likkewaan in haar tuinwoonstelletjie gebly. Totdat die aantreklike swartkopman net in sy oefenbroek en deurmekaargeslaapte hare op haar stoepie beland.

Skuldig – Martin Steyn

Skuldig

As die dood onverwags en gewelddadig kom, is dit regtig beter om vinnig, sonder lyding, saam te gaan? Het die meeste mense nie daardie oomblikke nodig om te bely en om vergifnis te vra nie?

’n Middeljarige tandarts word tereggestel in sy sitkamer, een skoot in sy voorkop, maar nie voor hy een woord teen die muur geskryf het nie – in die bloed wat uit die sny in sy hand drup. Adjudant Colin Menck kyk na die sewe letters teen die muur, die “skoon” toneel, en hy is oortuig dis ’n professionele moordenaar se werk.

Maar wie het hom gehuur? Daar is verdagtes, veral sy vrou, wat net te onemosioneel oor die moord is. Maar wat het hy gedoen dat iemand betaal het om hom te laat doodmaak?

Terwyl Menck nog antwoorde soek, word ’n tweede man in sy woonstel tereggestel. Weer is daar sewe letters in bloed teen die muur. Nou is daar baie meer vrae, want daar is geen tekens dat hierdie twee slagoffers enige verbintenis met mekaar gehad het nie.

Die enigste raakpunt is nog ’n ongelukkige vrou, ’n eks hierdie keer, hulle seuntjie ’n twispunt.

Om sake te bemoeilik, het Menck en sy nuwe jong kollega mekaar nog nie regtig gevind nie. Daar is boonop die wrywing met die nuwe ambisieuse groepleier én iemand uit ’n hoofstuk in sy lewe waarvan hy eerder wil vergeet.

Hoeveel name is op hierdie moordenaar se lys? Hoeveel mans gaan nog SKULDIG in hulle eie bloed skryf?

Gelyke kans – Santie van der Merwe

Gelyke kans

Nadat haar kinders uit die huis is, het Jessica de Lange haar hart en siel in haar nuwe oudhedebesigheid gestort. Haar lewe het weer rigting en betekenis gehad. Die toekoms saam met Anton, haar man van baie jare, het rooskleurig gelyk, maar toe ruk Anton die mat onder haar voete uit: Daar is iemand anders in sy lewe, en Jessica moet opsy staan.

Verward, gekrenk en verneder vlug sy na hulle strandhuis, om haar wonde te gaan lek, en haar toekoms alleen in oënskou te neem. ’n Onverwagse ontmoeting met ’n jeugliefde ontspoor haar egter weer. Tussen haar en Joe vat ’n passie vlam wat al die jare smeulend bly lê het. Maar Jessica weet sy moet eers die vorige hoofstuk in haar lewe afsluit, dat sy eers ’n egskeiding moet kry voordat sy en Joe enige kans op geluk kan hê.

Intussen begin Anton se verhouding met die jonge Esmie krakies wys. Dis ’n bestiering toe hy ’n vergete kontrak, wat hy en Jessica jare gelede gesluit het, tussen hulle persoonlike dokumente vind. Dit stipuleer dat hulle mekaar nog ’n kans sal gee indien een van hulle iemand anders sou vind. Anton besef hy het die grootste fout van sy lewe gemaak, en hy pleit dat Jessica hulle ou kontrak sal eer.

Jessica stem huiwerig in, maar sy bly wonder of daar hoegenaamd nog iets is om te red? Sal sy ooit weer vir Anton kan vertrou? Bowenal – het sy hom ooit werklik liefgehad?

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s