Ronél de Jager

Ronél de Jager is ’n liefdevolle onderwyser,  Bernette Bergenthuin-aanhanger en aspirantskrywer. Ons Februarie Facebook-vriendin mag dalk net haar gunstelingskrywer opvolg en haar skrywersloopbaan op 23 begin!

 Ronel

Vertel ons so bietjie meer van jouself?

 Ek is ’n 23-jarige juffrou van die Oos-Rand.  As kind het ek groot geword deur vir my poppe klas te gee en regmerkies te maak in my ma se ou Huisgenote.  Van daar die droom om ‘n juffrou te word.  Na hoërskool is ek Potchefstroom toe om te gaan studeer by NWU Pukke.  Ek het die beste vier jaar van my lewe hier ervaar en die beste mense ontmoet.  In my aftyd(waarvan daar maar min is omdat ‘n juffrou nooit ophou werk nie) geniet ek om te ontspan met ‘n storieboek in die een hand en ‘n glasie Rosé in die ander.  Ek geniet my musiek en sing ook so nou en dan saam.  Daarby kamp ons as gesin ook graag.  Familie is vir my baie belangrik.  Ek is ‘n regte boekwurm, asook ‘n wannabe-skrywer en dromer.  Ek is ‘n omgee-mens en die een wat haar skouer sal uitleen vir haar mede-mens.

Ekke

Die pragtige Ronel

Jy het onlangs begin werk. Hoe vind jou loopbaan as onderwyser sover?

 Dit is verskriklik lekker.  Daar is natuurlik baie uitdagings, nes met enige ander beroep, maar die onderwys bied soveel meer as ander beroepe.  Gelukkig hou ek van uitdagings.  Kyk, daar is vir my min dinge so lekker as om in die oggend by die skool te kom en te hoor, “Teacher, I missed you”.  Dit, tesame met die drukkies en baie liefde, maak enige af dag die moeite werd.

 Wat geniet jy die meeste van lees?

 Lees bied vir my geleentheid om myself in ander wêrelde te sien.   Elke boek vertel ‘n ander verhaal met ander situasies wat die karakters moet oorbrug.  Wat my egter die meeste genot verskaf, is wanneer ‘n skrywer dit regkry om jou te betrek.  Wanneer ‘n boek jou laat lag, huil  en glimlag, dan weet jy dis ‘n treffer.

 Wat is die drie items waar sonder jy nie kan leef nie?

 Ek sou sê my selfoon (want daarsonder kan ek en my ma nie gesels nie), my kar (of my blou monster, soos ek haar gedoop het), en lipgloss/Labello.

OLYMPUS DIGITAL CAMERA

Ronel en haar moeder

Ek en my niggie (staan bekend as David en Jonatan)

Met haar niggie

Wie is jou drie gunstelingskrywers?

 Bernette Bergenthuin – Haar skryfwyse boei my.  Sy het die manier om my te laat lag, huil, glimlag en treur sommer so saam met die karakters.  Ek versamel graag haar werk.

Elsa Winckler – My eerste boek van Elsa was Tussen jazz en rock.  Ek het hierdie boek al deur gelees en steeds kry ek nie genoeg nie.

Madelie Human – Humor, drama, romanse alles in een boek.  My eerste boek wat ek gelees het was Jy is die een, en van daar my liefde vir lees.

 As jy drie mense na ete sou nooi (lewend of dood), wie sal dit wees?

 My gesin, Melina Bam (baie inspirerend) en Taylor Swift

 Watter boeke kan jy herhaaldelike lees?

Tussen jazz en rock, Maanscijnbaai, en al Bernette Bergenthuin se boeke

  Watter heldin het  jy onvergeetlik gevind?

 Sjoe, dis ‘n moeilike een, maar ek sou sê Sanet (Tussen jazz en rock).  Ek het so twee weke voordat ek hierdie boek gelees het my geliefde hond verloor aan bosluiskoors.  En in die storie verloor Sanet ook een van haar honde na afloop van ‘n inbraak.  Ek het lang trane gehuil en haar woorde “geen pleister sal ooit groot genoeg wees vir die seer”  het my daai aand bygebly.

 As jy ooit ’n boek sou skryf sal sy naam wees …

 Ek hou van skryf en is al besig met my derde roman.  My eerste boek se naam is Krisis op Vlakwater.  Hy is al kant en klaar.  Ek is baie trots op myself aangesien ek hom in my eerste jaar op universiteit reeds geskryf het.  Die ander twee se name is Liefde vir die ongeluksvoël, en 14 dae.

Vriendinne

Ronel met haar vriendinne!

 Wat sou jou heldin se naam wees?

 Nerieke, dis die naam van die heldin in my derde boek.

Hoekom?

As ek hierdie naam hoor, sien ek ‘n beeld van ‘n jong dame wat sterk staan en haar eie ding doen.  Iemand wat ten spyte van uitdagings steeds in haar drome glo en alles doen om haar drome te laat waar word.

 ’n Held is aantreklik as hy watter eienskappe het?

 Ek vind die 3 B’s aantreklik – breë skouers, bruin hare, en blou oë.  Las daarby ‘n hart van goud en diereliefhebber en jy’t ‘n droomman daar beet.

 Waar sonder kan jy nie leef nie?

 My hartsmense.  Sonder hulle sal die lewe eensaam wees, met geen herinneringe en drome nie.

Haar hartsmense!

Haar hartsmense!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s