5 Dinge wat jy by Katerina en haar mojo kan leer – Monique Bisschoff

hoofkarakter2 Katerina se mojo

Kristel Loots is die snaakse, jonger, mod onderwyseres wat ek nooit gehad het nie. En wanneer ek die term onderwyseres gebruik, is dit met my tong ferm in my kies… Want oud, koud en veral kwaai, is Kristel beslis nie. En daarvan getuig haar splinternuwe boek, Katerina se Mojo, weereens.

Wanneer ek ’n  Loots nader trek, weet ek wat om te verwag:  flymskerp humor, ’n  lekker storie waarby ek aanklank kan vind, en ’n  lessie of twee.

En soos altyd, het hierdie nuutste baba van Kristel my horisonne verbreed. Maar moet my nie verkeerd verstaan nie: Kristel se boeke is allermins ’n  geprekery. Heelaas. Jy hoef net twee paragrawe te lees om die lekker lewendige, realistiese taalgebruik van die hoofkarakter en haar spitsvondige innerlike dialoog te waardeer. En sy noem ’n  ding by sy naam. Dikwels ’n  naam wat nou nie juis  sal voorkom in die gids vir  Standaard Afrikaans nie…

Maar gepraat van gids: Katerina en haar Mojo kan moontlik ’n  gids word wat weer en weer geraadpleeg kan word. Want sien, liewe leser, ek staan op trou. Volgende jaar in April gaan ek myself verbind aan ’n  man. Lewenslank. En soos enige ongetroude en (relatief) jonge dame dit betaam, sien ek met ywer uit na hierdie romantiese, rose-is-rooi-en-die-iefde-is-mooi instelling.

En dit is waar Katerina en haar ontwykende Mojo inkom. Sy kom verklaar oorlog teen hierdie seepborrel en lolliepopsiening van wat liefde, en veral die huwelik, is. ’n  Nuttige gids vir my en my huweliksmaat, veral vir wanneer daardie eerste paar sakke sout klaar verorber is.

5 dinge wat ek by Katerina en haar Mojo geleer het:

  1. Verliefdheid is ’n gevoel; liefde is ’n  keuse. Maar ’n  aanvanklike vonk is nodig vir ’n  liefde om vlam te vat …

Hierdie is ’n  waarheid wat hulle jou nooit vertel nie. Inteendeel, duisende artikels, Lewensoriënteringsonderwyseresse in honderde skole en kerkgroepe van alle denominasies wil graag anders beweer: dat jy kan lief word vir ’n  maat sonder dat daar ooit ’n  vonk was om mee te begin. So ’n tipe lou-warm gevoel, gebaseer op waardering, vriendskap en respek. Maar Katerina kom en wys die waarheid uit. Reg van die begin van die boek af, is dit duidelik dat Katerina voel sy moet werk vir haar man se liefde en aandag. Maar al is die kommunikasie tussen die twee ook hoe verwronge en al voel Katerina myle verwyder van haar lewensmaat, is dit juis die vonk wat reg van die begin van hul verhouding daar was, wat weer nuwe vuur in die verhouding kom blaas. Selfs wanneer Katerina vir ou Suutjiespoep flikkers gooi, ’n  perfekte man in soveel opsigte, kan hy en sy attensies skaars kers vashou by die vlam wat in haar binneste brand vir die pa van haar kinders.

Nota aan self: smyt weg die Lions matches en skaf maar ’n  Zippo aan, want ’n  vonk is belangrik en kan nog vele vure in die toekoms doodslaan…

  1. Die drie belangrikste dinge in enige huwelik: kommunikasie, kommunikasie, kommunikasie.

Alhoewel Loots ’n  nimlike karakter in Katerina skep, wou ek tot op der laaste bladsy die vrou aan haar hare beetkry en ruk tot sy wakker skrik. Want wanneer dit kom by kommunikasie en sê wat sy voel, skiet hierdie vrou ver te kort. Die misverstande wat tussen man en vrou plaasvind, is genoeg om enige sprokieshuwelik te laat sneuwel.

Nota aan self: bedank Eskom vir gedwonge  tydjies wanneer al die gewone  tyd nie, buiten romantiese kersligetes. En die noodwendige geselsies wat daaruit spruit. En luister.

  1. Die liefde bedek Selfs rekmerke, moesies en dimpeldye …

Kristina sien haarself as ’n  middeljarige, amper-oor-die-brug vrou, met bultende dye en vreemde, grillerige oë. Dieselfde eienskappe wat haar man as volwasse, curvy en interessant sien. En dan is daar nog die dreigende hospitaalengel aan wie Simon  soveel tyd afstaan… Katerina se realiteit is wêrelde verwyder van die waarheid en veroorsaak dat syself  ’n  wig tussen haar en haar man dryf.

Nota aan self: as jou man vir jou fluister dat jy begeerlik lyk, selfs al voel dit jy lyk soos Charlize Theron in Monster , dan glimlag jy liefies en knik met ’n  vonkel in jou oog. Ek vermoed ’n  vrou met selfvertroue is vir  ’n  man mooier as ’n  onseker vrou.

4. …maar dit bedek nie stjoepitgeit nie.

Katerina het my ook kom leer dat daar perke is aan wat jou man alles sal verdra. Wanneer Katerina haar man voor ’n  belaglike keuse stel om hom te toets, kom sy self sleg tweede. Ons Evas het ’n  liefde daarvoor om ’n  man te toets en uit te daag om homself en sy liefde aan ons te bewys. Miskien het dit te doen met ons oermoeders, ons grotbewonende oermoeders, wat die sterkste en slimste Neanderdal moes uitkies om voortbestaan te verseker, deur hom aan allerhande toetse  te onderwerp. Of miskien leer ons hierdie simpel tegniek as jong meisies al aan wanneer ons lees van prinsesse wat hul prinse toets deur hulle aan drake, hoë torings en walglike, onderduimse stiefmoeders bloot te stel.

Nota aan self: wanneer my vroulike instink my noop om my geliefde se liefde (en geduld) te toets, hou dadelik op met daardie stjoepitgeit! Jy mag dalk self die een wees wat druip.

  1. Partymaal verdien jou geliefde die binnevet van die boud…

Daar is genoeg Sake van die Hart-rubrieke, Buzzfeed-artikels en siniese feministe om ons te herinner om ons mans te wantrou. Want ’n  man is mos ’n  bok… Maar wie gaan ons herinner om soms in ons manne te glo? Wel, Katerina en haar Mojo, natuurlik! Dit klink dalk vergesog maar soms, net soms, verdien jou man dat jy sy woord bo alles glo. Vra maar vir Katerina. Sy kom so naby daaraan om haar eie geluk te verwoes net omdat sy vir haarself allerhande bogstories opdis.

Nota aan self: partymaal verdien jou man dat jy hom die voordeel van die twyfel gee. Ja, partymaal is die binnevet van die boud lekkerder as om gebrande kaiings uit die vuur te moet krap…

En nou sal jy my moet verskoon. Ek het ’n  troue en ’n  huwelik om te beplan. Gegrond op ’n  liefde, ’n  vonk en Katerina as gids.

One thought on “5 Dinge wat jy by Katerina en haar mojo kan leer – Monique Bisschoff

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s