Ontmoet vir Petronel Louw

Petronel Louw se eerste Romanza, Jy is myne alleen, het pas verskyn. Ons het bietjie met haar gesels.

Petronel LouwJy is myne alleen

Waar skryf jy?

Ek werk twee weke op ’n keer in die noorde van die Weskaap en bly dan in ’n gastehuis. Dan sit ek sommer met my laptop op my bed. By die huis skryf ek by Safari Kwekery of in my kamer.

safari2

Drie items waar sonder jy nie kan leef nie.

My Bybel

My laptop

My onderlaag

Wie is jou drie gunstelingskrywers?.

Ek het baie meer as drie.

Tessa Afshar

Sarah du Pisani/Dina Botha/Chanette Paul/Irma Joubert en vele meer.

Melodie Carlson

As jy drie mense na ete sou nooi (lewend of dood), wie sal dit wees.

  • Salomo
  • Marie Antoinette van Versailles
  • My projekbestuurder, prof. Dirk Kotze, ’n doktor en bedryfsielkundige met spesialisering in teologie en narratiewe terapie.

Watter boeke kan jy herhaaldelike lees?

Ai, toe ek jonger was het ek Ena Murray, Ettie Bierman en Sarah du Pisanie se boeke oor en oor verslind. Deesdae lees ek ’n boek net een keer, want daar is so baie boeke om nog te ontdek.

Vertel ons 5 dinge wat nie in jou bio is nie.

  1. Ek is kunstig en skep met piouter op klippe, of decoupage, of mosaïek. Hang af waarvoor ek lus is.
  2. Ek hou van filosofeer en is eintlik ’n ewige student, omdat ek so nuuskierig is oor die lewe.
  3. Ek hou daarvan om die plekke te besoek waaroor ek skryf en baie navorsing te doen. Ek voer onderhoude met mense wat in die beroep van my held en heldin staan en is nie skaam om hulle raad te vra,sodat my plot outentiek is nie.
  4. My middelkind het Asperger’s, dus is ek passievol en ’n vegter vir outisme en hulle bestaansreg.
  5. Ek het ernstig begin lees op negejarige ouderdom en nooit weer opgehou nie. Toe was dit Maasdorp se stories, Soekie, Trompie, Die Uile, Saartjie en Jasper se kaskenades.

Werk jy tans aan ’n boek? Waaroor gaan dit?

Ek werk tans aan twee boeke. Een is nog ’n romantiese komedie, en die ander een is ’n historiese roman.

Die romantiese komedie is oor ’n stuck up forensiese ouditeur wat gedwing word om saam met haar nemesis, ’n finansiële joernalis ondersoek te gaan instel na moontlike bedrog op ’n groot Karooplaas waar met Merino-skape geboer word. Sy gaan onder die dekmantel van gewone finansiële klerk om die bates te gaan opskryf en hy skadu haar, omdat hy ’n artikel oor die proses van die forensiese ouditeur se werk wil skryf. Dinge is toe glad nie so eenvoudig toe hulle op die skaapplaas aanland nie.

Die historiese roman speel af in die 1900’s. Dit gaan oor ’n meisie wat nie weet hoe sy in Kaap de Goede Hoop aangeland het nie en na die dood van haar peetpa vyf jaar later na Deutsch Sud West toe gestuur word as bruid van ’n onbekende jagvriend van haar peetpa. Sy kom agter dat sekere dinge in Walvisbaai bekend lyk, maar moes noodgedwonge saam met haar nuwe bruidegom na sy plaas naby Gobabis reis, voordat sy die geleentheid kon benut om ondersoek in te stel. Wie is sy? Hoekom is sy Franssprekend, maar sy praat ook vlot Nederlands en Duits ?

Wat is die beste raad wat jy oor skryf ontvang het en van wie?

Ek was by die ATKV-skryfskool ’n paar jaar gelede en het die beste raad by Sophia Kapp en Amelia Strydom ontvang.  Sophia het gewaarsku dat mens vir intelligente en belese  vroue skryf wat wil ontspan. Ook hoe om spanning te skep en vol te hou. Amelia het my baie gehelp met hoe om elke hoofstuk so af te sluit dat die leser nie kan wag om verder te lees nie. Trudy Erasmus het ook baie gehelp met die tegniese sy van skryf en die versorging van die teks.

Hoe lank skryf jy aan ’n Romanza?

As ek skouer aan die wiel sit en elke dag skryf, skryf ek ’n romantiese komedie binne drie maande klaar, terwyl die historiese roman bietjie langer neem.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s