My perfekte afspraak is …

Hierdie maand se Romanza-skrywers gesels oor die perfekte  afspraak vir Valentynsdag … en die helde met wie hulle dit sal deel. Praat gerus saam, hoe sal jy die dag van liefde sal wil spandeer?

VELENTYNS2

As ek nou nie getroud was nie, en ek kon die wêreld van verbeelding betree…

 Ek sal baie graag saam met ‘n lang donker man wil uitgaan. ‘n Sterkgeboude blondekop sal ook doen.  Voorkoms is belangrik, maar ek sal sterk voorkeur gee aan integriteit, intelligensie en hoë morele waardes. ’n Ou wat sy pad oopgewerk het in die wêreld en empatie het met mense.

 Ek sal daarvan hou as hy my vir ete neem by ‘n restaurant wat oor die see uitkyk. Ons sal daar die mense en die strand bekyk en sommer oor alles gesels. Hy sal luister, en hy sal duidelike opinies hê oor wat vir hom belangrik is, sonder om oordonderend te wees. Daar moet musiek wees, en hy moet my hand vashou. Daarna sal ons op die nat sand gaan stap, en buite die kring van die ligte, met ons eerste soen eksperimenteer.

VALENTYNS2

Vir my is n romantiese date meer as net kerslig en ’n lekker ete. Dit is is ervaring of ’n herinnering. Soos die keer toe my man 700 km gery het om op Valentynsdag vir my ontbyt by Wimpy op Durban se promenade te koop, net omdat ek  die vorige aand gesê het dit sal lekker wees om ontbyt by die see te geniet. Dit was iets persoonlik en net vir my. Ek sal die ervaring waarskynlik nooit sal vergeet nie.

As ek ooit saam met ’n held uit een van my boeke moet uitgaan sal dit saam met Oliver Immelman in Haar stoute skoene wees. Buiten dat hy aantreklik is is hy nogal ingestel op ’n vrou se emosies en behoeftes. Hy neem die heldin op ’n uitstappie deur die Kaap, spandeer tyd saam met haar, leer haar ken. Hy koop in die middernagtelike ure vir haar koffie, gesels met haar tot die son opkom. Hy skep blywende herinneringe en nie net vlietende oomblikke nie.

VALENTYNS1

My droomdate is een met ‘n held wat oorneem want ek wil van my voete geswiep word. Hy hoef nie hipermooi of gespierd te wees nie; eerder metroman as Alfaman; ‘n prater eerder as ‘n denker. Hy moet  soveel selfversekering hê dat hy my nie eens vra waarheen ek wil gaan nie. Hy moet die plek en vorm kies, alles reël en my net kom oplaai. My held moet my so goed verstaan dat hy iets hiperinteressants, maar ook romanties, sal kies soos ‘n sjampanjeontbyt in ‘n lugballon, ‘n besoek aan ‘n sterrewag of aan ‘n reservaat waar sjimpansees gerehabiliteer word.

Untitled

Daar is net een held op my horison…my man. Hy is my sielsgenoot al verskil ons soos dag en nag, maar tog praat ons dieselfde ‘hartstaal’. Hy is ’n mooi man, lank (oukei, ek is rerig kort van postuur) en donker.

Ek is nie een vir groot partytjies en lawaai nie. Ons date sal dus op ’n afgeleë eiland wees, in ’n hut met sy eie borrelbad, op die strand. Sjokolade en vonkelwyn is ’n moet en dan…om styf teen hom op te krul en die sonsondegang saam te bewonder.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s