Ontmoet vir Sonja Basson

Vanjaar wil LAPA graag ons lesers beter leer ken, dus gaan ons elke maand ‘n Facebook-vriend(in) kies en met haar gesels. Vir Januarie het ons met Sonja Basson, werkende ma, romantikus en Sophia Kapp-aanhanger, gesels.

Sonja_Basson

IMG_20150126_093317IMG_20150126_093448

Vertel ons bietjie vir jouself…

Ek is een van daardie vrouens waarvan daar nie in die Bybel gepraat word nie. Ek doen nie naaldwerk nie, kosmaak is nie ‘n prioriteit nie en die tuinier hou die tuin aan die gang.

Ek is ‘n voltyds werkende ma van ‘n skoolgaande tienerdogter en ‘n universiteitsgaande seun. En dit opsigself sê al klaar baie. Ek is ‘n ewige romantikus.  Haat, hartseer of ongelukkigheid, ‘n storie moet gelukkig eindig. My liefde vir lees kry ek by my ouers.

Watter heldin het jy onvergeetlik gevind?

Petronella in Die Ooreenkoms.  Sy het my gefassineer tot op die laaste bladsy.

Watter boek sal jy graag ‘n tweede keer wil lees?

Oeee ek het ‘n paar gunstelinge in my boekrak wat jaarliks weer gelees word, maar Die Ooreenkoms deur Sophia Kapp bly ‘n gunsteling.

 Wie is jou gunstelingskrywer?

Daar is ‘n paar skrywers wie my gunstelinge is, en as almal op dieselfde tydstip ‘n boek op die rak het, sal Sophia Kapp loshande wen. Die ander se boeke sal stilletjies met die melk en broodgeld gekoop word.  Sophia weet net hoe om ‘n storie te skryf dat dit voel jy ken die mense en omstandighede.

 As jy ooit ’n boek sou skryf sal sy naam wees …

‘n Tweede kans

Wat sou jou heldin se naam wees? Hoekom?

Mia.  Mia klink sag op die oor, maar sy is sterk, sy laat haar nie onderkry nie en laat haar ook nie vertrap nie.

’n Held is aantreklik as hy watter eienskappe het?

Mooi maniere het, stil en bedaard is en weet hoe om ‘n vrou goed te behandel.

As jy drie mense na ’n ete (lewend of dood) kon nooi, sal dit wees …

Verseker Sophia Kapp, Wilna Adriaanse en Marion Erskine wat die lewendes betref. Shakespeare, ek was in my jonger dae lief vir sy skryfwerk. Kahlil Gibran, vir sy wysheid en insig. En dan sommer vir Kenny G vir sy mooi saxofoonmusiek. 

Waar sonder kan jy nie leef nie?

Ek kan nie sonder ‘n boek wees nie.  Ek moet elke dag lees.  Maak nie saak hoe laat dit in die aand is, of hoe moeg ek is nie, ek moet eers iets lees.  Ek sal melk en brood los solank ek net ‘n boek het om te lees.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s