EK LEES ROMANSES …

52

Hierdie vraag is al so baie gevra, dis nie eens snaaks nie: Hoekom lees ek romanses?

Die gesegde lui nie verniet: ‘Change is as good as a holiday’ nie! Deur te lees vat ek ’n vinnige en bekostigbare vakansie en ek spaar myself baie moeite en onkoste (in platsak-Januarie spaar jy waar jy kan). Ek hoef nie my tas te pak nie, hoef nie besprekings te maak nie en my bankbalans neem nie ’n nose dive nie!

Nee, ek gaan sit en leef my in iemand anders se lewe in, maar ek weet klaar hierdie storie het ’n gelukkige einde. Dus ooreet ek my nie terwyl ek saam met die heldin stres nie (daai Kersfees-rolletjies is juis nog nie afgeskud nie), ek lees net verder. As die held goed doen wat die heldin se hare laat regop staan, dink ek: ‘Girl, moenie worry nie. Hy sal nog les opsê! En dan gaan julle die sonsondergang invaar.’

Ek kan dit geniet, want die werklikheid se onsekerhede is hier afwesig. Die 1 000-en-een-dinge wat in my lewe verkeerd loop, loop reg in boeke. Die storie gaan mooi eindig, al maak dit ‘n paar draaie deur sewe-sakke-sout-land. Dis oukei!

Tweedens lees ek romanses, want ’n literêre wonderwerk gaan niks vir my beteken as my niggie, my aunty, my vriendin of daai kennis wat vandag ’n skouer nodig het, my bel oor ’n man nie. Vergeet dit!

Ek het al heelwat advies gegee wat ek vanuit boeke geleen het. Ek speel graag agony aunt want ek het  ’n argief vol advies wat ek raak gelees het! Ja-nee, ’n spitsvondige  heldin met haar entourage van vriende en familie, weet wanneer om ’n getroue leser te hulp te snel.

2 thoughts on “EK LEES ROMANSES …

  1. Skeletor says:

    Alhoewel ek nou nie rerig baie romantiese stories lees nie, is hierdie geskrywes van jou tog so reg, waar en nodig.
    Ek geniet ‘n goeie romantiese komedie tussen die Rambo, Rocky en Terminator flieks terdee. Veral dies wat daai happy ending het. (Ek het tot Blended, die nuutste Adam Sandler komedie ook mer geniet as wat ek sou erken in die openbaar.)
    Dit doen die siel goed, om te weet dat in hierdie lewe van siniese politiek, negatiewe sosiale media en net ‘n plein opgedonsde wêreld, ons nog kan glo in die idee van daai perfekte lewensmaat vind, en dies van ons wat klaar daai persoon gevind het, kan glo aan die happy (maar ons gaan die sout ook kry) ever after.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s