Die Januarie 2015 Romanzas is hier!

Hier is die eerste Romanzas van die jaar en as dit nie genoeg is nie, tel sommer die twee jongste enkeltitels ook op!

Drome word waar – Tosca de Villiers

Drome word waar (Hoëres)

Maryke het hard gewerk om ‘n suksesvolle fotograaf te word. Wanneer die sjarmante dokter Leon Boshof haar lewe betree, veg sy verbete teen haar ontluikende gevoelens vir hom.

Haar trouman – Frieda van der Westhuizen

Haar trouman (Hoëres)

ʼn Skouerbesering veroorsaak dat Leila vir ses maande nie sal kan dans nie. Sy gaan bestuur tydelik haar tant Emma se winkel in Lisabaai. Uit die staanspoor word haar lewe egter versuur deur haar knorrige buurman.

Jy is my engel – Mari Roberts

Jy is my engel (Laeres)

Donna Stuart is ’n wêreldberoemde popsangeres. Nadat ’n versteurde aanhanger haar in Parys probeer skiet het, reël haar platemaatskappy vir drie lyfwagte. Sy is opstandig hieroor, alhoewel die een lyfwag, Greg haar baie fassineer.

Liefde agter sluiers – Rika du Plessis

Liefde agter sluiers (Hoëres)

Annico gaan werk as veearts op die ryk Christo Burger se plaas teen die sin van haar snobistiese ma. Sy geniet die werk baie, maar daar is onderstrominge tussen haar en Christo wat haar baie omkrap.

KATERINA SE MOJO – Kristel Loots

Katerina se mojo

Vir ’n vrou is haar vyftigste verjaardag ’n dag van verskrikking. En Katerina is amper daar …

Die tweeling maak haar mal en haar man is moeg daarvan om stukkende mense te probeer gesond dokter en wil landuit. Kanada toe! Dit lei tot eindelose argumente, want daar is te veel wat Katerina in Suid-Afrika hou.

Buitendien gaan Jennifer saam, Simon se kollega; Jennifer wie se naam Simon in sy slaap prewel. Dan is daar die joernalis wat dreig om Katerina se donker verlede op te grawe toe sy ’n affair met ’n politikus gehad het, ’n geheim waarvan selfs Simon nie weet nie.

Katerina sien net een uitweg – sy en Simon moet skei sodat hulle met hul lewe kan voortgaan.

ONDER ’N STERREHEMEL – Bets Smith 

Onder 'n sterrehemel

Met die Anglo-Boereoorlog op hande, loop Catriona Fraser, ’n jong meisie uit die Kaapkolonie se grensdistrikte, weer vir Rudolf Dreyer van die buurplaas raak. Sy ontdek baie gou dat hy steeds die man is wat haar hart in sy hande hou. Maar wanneer sy Rudolf se onbegryplike optrede probeer verstaan, loop sy haar trompop teen ’n jarelange geheim waaroor almal wat sy ken, swyg.

Wat is die geheim van die nag toe Rudolf by haar in die grot op Ben Nevis gebly het, hy sestien en sy net agt? Hoekom is Rudolf destyds weg uit Ben Nevis, Engeland toe, en waarom moes sy kosskool toe?

Nou vermy Rudolf haar. Hy, die Boer, en sy met haar Skotse pa. Van liefde tussen hulle is daar nie sprake nie, glo hy. Hoe kan dit? Hy betaal nou nog die prys vir daardie nag op die berg. En hoe kan sy weet wat sy daardie nag verkeerd gedoen het?

Ondanks alles dwing hul lewe wat lank gelede so onbegryplik uitmekaargeloop het, onkeerbaar terug op ou, bekende paaie na ’n tyd toe hulle soveel gedeel het. Al is Rudolf hoe traag om betrokke te raak, leer hulle mekaar weer ken, hierdie keer as volwassenes.

Ten spyte van die groeiende spanning tussen Boer en Brit, en ongeag haar pa se bitter haat, groei hul gevoel vir mekaar. Tot op ’n punt. Uiteindelik besef Catriona sy sal die geheime van die verlede moet ontrafel as sy ’n toekoms vir haar liefde wil wen.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s