2015… Hier is ons!

Goeie môre vriende

Welkom terug aan almal. Die LAPA-kantoor wens vir jou ‘n besonderse 2015 toe! Ek hoop die nuwe jaar het met geluk aan jou voordeur kom klop.

Uitgerus en gretig (hopelik) is jy seker terug by die werk – ek weet ek is. Ek kon nie wag vir Januarie nie, omdat die eerste boek van Bets Smith se tweeluik, Onder ‘n sterrehemel verskyn. Daar is ook Kristel Loots se roman Katerina se mojo  en die jongste Romanzas! (Ek sal in jou oor kom fluister sodra dit hier is.)

Ek hoop jy het ‘n wonderlike week wat die pas vir ‘n goeie jaar gaan bepaal.

3 thoughts on “2015… Hier is ons!

  1. Bets Smith says:

    Eeeeek! Is jul al terug en aan die gang?! Hier was die produksievlak nie so hoog soos waarop gehoop is nie. Ons pak more op en ry Woensdag terug. My skryfkansies raak dus drasties minder sodra ek my voet in die motorkar sit. Ek is bly daar is darem iets in die pyplyn, al is dit ‘n nuwe uitgawe van die tweeluik.
    Lekker jaar vir jou ook, Cliffordene.

    • cliffordenen says:

      Môre, Bets. Ja, ons is op en aan die gang. Geniet die laaste dag! En mag ek sê hoe baie ek Catriona en Rudolf se storie geniet het! As ‘n liefhebber van historiese romanse, het ek dit besonders gevind. En die voorblaaie is kunswerke in eie reg!🙂

      • Bets Smith says:

        Ek was self erg in my noppies met daardie voorblaaie. En dankie vir die terugvoer oor Rudolf en Catriona. Hulle het nogal diep onder my vel ingekruip.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s