Tien dae voor Kersfees!

Dit is tien dae voor Kersfees en niemand het meer lus vir werk nie. Selfs nie eens ek nie en ek is mal oor my werk! Daar is iets van Kersfees wat magical is.

Die mense is baie gelukkig (seker oor die Kersfees-bonusse) en dit voel asof almal meer ontspanne is. Meer mense is nostalgies. Een van die beste dinge van Kersfees vir my is altyd die herinneringe – mooi herinneringe: Die versiering van die Kersfeesboom op 1 Desember. My oupa wat my vroeg Kersdag wakker maak om te sien hoe die son ‘dans’. Koffie en koekies vir brekfis, nuwe Kerfeesklere en familie wat kom kuier! Ja-nee, ek het ‘n awesome kinderjare gehad.

Watter herinneringe behels Kerstyd vir jou?

10610696_880402408660472_8483212128170931701_n

3 thoughts on “Tien dae voor Kersfees!

  1. Bets Smith says:

    Ai Cliffordene, ek sien niemand het nog op jou versoek reageer nie. Ek glo nie dis omdat niemand herinneringe het om te deel nie, maar as dit by almal gaan soos hier by my … Dis nogal een van my Kerstyd-herinneringe: dit gaan WOES die paar dae voor Kersfees. So erg dat mens soms wil tjank daarvan en nie kan glo dat mens so ‘n belangrike en vreugdevol-vreedsame gebeurtenis met soveel geskarrel tegemoetstorm nie.
    Maar wanneer Oukersaand aanbreek, kom alles tog tot rus. Ek onthou dat daar selfs te midde van die opwinding en blinkoogangstigheid van my kinderjare, in ons huis ‘n allesoorheersende gevoel van vrede en gemeensaamheid en liefde was. Kersdag ook. Vroeg opstaan vir die 6-uur Kersdiens, die weersiens van die kerkfamilie wat jy verlede Sondag ook gesien het, wat hierdie keer ANDERS is, die kuier by die huis saam met die gesin en soms die hele familie – dis wat ek onthou, nie die geskenke wat sommige mense deesdae sien as die ‘instrumente van Satan’ nie!
    Ai, as ek wel ‘n spesifieke geskenkie onthou, is dit altyd die gewer daarvan waaraan ek met heimwee terugdink, veral die familielede wat nie meer daar is nie. Ek onthou ook die handgemaakte geskenkies wat my kinders in hul kleuterskooldae met blink ogies aangedra het. En dan loop my hart oor. Want mens gee immers geskenke omdat jy liefhet, jy ontvang en onthou dit met liefde. Dis iets wat geld nie kan koop nie.
    Ek wens jou en al ons skrywers en lesers ‘n wonderlike Kersfees toe: vol van die geskenk van die liefde, wat reguit van Christus af kom

    • cliffordenen says:

      Bets, dit klink wonderlik! Ja, ek vergeet altyd dat Kersfees eintlik ‘n baie besige tyd is. Jou herinneringe is besonders mooi en ek hoop jy gaan hierdie Kersfees nog vele by maak. Baie dankie vir die wense. Geseënde Kersfees, mag dit magical wees!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s