Die jongste Romanzas is op ons tafel!

Met die Desembervakansie wat wink is ek bly die jongste Romanzas is hier… Die vakansie lyk sommer al rooskleuriger! Dit is hoe ek my tyd gaan bestee as die werksdeure sluit.

 NOMMERPASMEISIE – Dina Botha

Nommerpasmeisie (Hoëres)

Tom Bruwer help om Elaina se ou motortjie te restoureer. Daar is net een probleem: Met sy blou oorpak, sy donker krulhare en sy insleepwa sal hy nooit vir haar ryk ouers aanvaarbaar wees nie.

KOLWYNTJIE – Madelie Human

Kolwyntjie

Die tweelingdokters in die spreekkamers reg langs Melani se nuwe besigheid is albei ewe sjarmant. Dis egter Lourens wat haar hart verower, maar hy wil verder studeer en het nie tyd vir ‘n verhouding nie …

VERKEERDOM SPROKIE – Rosita Oberholster

Verkeerdom sprokie (Hoëres)

Jenna Albrecht se verloofde swendel haar uit haar erfporsie, en sy besluit om nie weer ‘n man te vertrou nie. Maar sy onderskat die krag van sprokies … al is die sprokie verkeerdom.

VUURPRINS – Wilreza Smit-Theron

Vuurprins (Hoëres)

Isla ontmoet Markus Galanos op Santorini. Hulle sien mekaar weer in Venisië waar hulle aan dieselfde kunsakademie verbonde is. Isla leer dat die liefde soos ’n sluimerende vulkaan kan wees en jou heeltemal kan verteer.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s