Vroue en geweld

Jy sou hierdie week die video gesien het wat wys hoe ’n oppasser ’n 18 maande oue dogtertjie in Kampala, Uganda mishandle en die jaarlikse Sixteen Days of Activism-veldtog wat gister afgeskop het  mik om bewustheid te skep oor oor geweld teen vroue en kinders.

16-days-drums-anim-sm

Een van die hoofredes vir geweld teen vroue is die lae status van vroue in die huis en in die samelewing.

Fisieke geweld se is egter nie die enigste vorm van geweld teen vroue nie, daar is ook emosionele en finansiële mishandeling . Chanette Paul spreek emosionele mishandeling in haar nuutste roman, EWEBEELD, aan.

10422509_811585528884392_3520349256524041682_n

In ’n onderhoud met LitNet het Chanette gesê: “Emosionele mishandeling is eintlik ’n onderliggende tema in die meeste van my boeke, maar hier (in EWEBEELD) pak ek dit doelbewus aan. Ek gebruik tot ’n mate die hiperbool om uit te lig wat daagliks in heeltemal te veel huwelike en verhoudings gebeur: Een party word afgekraak, ontmens, sodat die ander in beheer kan voel.”

In Romanzas is hierdie temas verbode, omdat die lesers graag wil ontsnap van die swaar werklikheid en ontspan met ’n lekker, gelukkige storie. Die heldinne in hierdie stories is egter vroue waarna vroue in die samelewing kan opkyk. Hulle is finansieel onafhanklik en het ’n sterk karakter.

Verby onsekerheidDie ring_MOBI

Chanette vergelyk haar skryfwerk as ’n sopkombuis. “Ander mense dien op komitees of bedryf sopkombuise, of samel geld in om van die wêreld ’n beter plek te probeer maak. Ek skryf my stories en hoop ek lewer so ook my beskeie bydrae tot ’n groter welsyn. Skryf is my sopkombuis.”

Hierdie veldtog is ‘n kans om aandag te skenk aan ‘n ernstige kwessie, maar mag dit nie slegs daar op hou nie. Sestien dae uit ‘n jaar is te min vir ‘n misdaad wat elke dag plaasvind. Vroue moet weet hulle is wonderlik, sterk en heldinne in hul eie lewe – hulle verdien nie om mishandel te word nie.

Heldergeel dag

Ek wil graag hierdie #WCW word opgedra aan die LAPA-skrywers, -lesers en -heldinne wat die bestanddele van die sop is wat hopelik ’n samelewing van sterker vroue kan mee bring.

Mag elke vrou besef sy verdien die beste.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s