SKADUSEISOEN – ELSA DROTSKY

Skaduseisoen (Hoëres)

Anaret voel lusteloos en swak toe Marius haar aan die einde van hulle Okavangosessie voor die huis aflaai.

“Ag jou arme mens,” troos hy gevoelvol.

Teen die tyd al so moedeloos en jammer vir haarself laat sy haar oomblikke lank die versekering van omgee teen sy bors met sy arms om haar geval.

“Sal jy regkom?” wil hy besorg weet, en lyk huiwerig om te gaan.

“O ja, in my huis waar ek tuis is. Ek kan nie aan ’n beter plek dink om weer behoorlik op my voete te kom nie.”

Hy kyk oomblikke lank onseker na haar, raak toe vlugtig aan haar wang en druk ’n soentjie op haar voorkop voor hy omdraai en vinnig wegstap.

“Chris!?” skrik sy toe sy langsaam omdraai en hom soos ’n skaduwee in die gang voor sy studeurkamer sien staan. “Ek het nie verwag om jou by die huis te kry nie.”

“Dit was nie moeilik om te raai nie,” reageer hy sardonies. “Jy het nooit gesê jou baas is deel van die groep wanneer julle veldwerk gaan doen nie.”

“Dié sessie van die huis af was nie vir my in elke opsig aangenaam gewees nie,” reageer sy bitter. “Ek was siek Chris, en ek is nou nog nie daaroor nie,” laat sy hom afgemete verstaan. “Ek het werklik nie so min simpatie van jou verwag na die verstommende begrip wat Marius met my ongeleë mislikheid gehad het nie,” laat sy hom sinies verstaan. In haar sufheid dink sy vaagweg dit sou dalk beter gewees het as sy Marius nie bygehaal het nie.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s