Die nuwe Romanzas is hier!

Sit terug, ontspan en kyk wat het ons vir jou op die jongste boeke-spyskaart!

GESTEELDE SOENE – Dina Botha

Danielle raak sonder dat sy dit beplan het verlief op die man wat binnekort aan haar suster verloof raak. En hy op Danielle. Dit is nie die soort situasie wat vanself oplos nie …

Gesteelde soene (Hoëres)

MARLET SE DROOMMAN – Bets Smith

Marlet se droomman weet blykbaar meer van haar donker geheim as wat sy gemeen het. En hy is ook nie wie sy gedink het hy is nie. Maar dit is nie die einde van die pad nie.

Marlet se droomman (Hoëres)

OP DIE HORISON VER – Juanita Aggenbach

Anja begryp nie hoe die eienaar van die perdeplaas waar sy navorsing doen vir haar nuwe roman soveel aandag aan haar kan gee, terwyl hy ’n verhouding het met sekerlik die mooiste vroulike jokkie in die wêreld nie.

Op die horison ver (Hoëres)

SOMME VAN DIE HART – Alda Geers

Daleen veg met haar hele hart teen die ingenieur wat die kosbare ou bome moet laat afsaag om ’n pad daar te bou. Maar later veg sy teen haar liefde vir hom.

Somme van die hart (Hoëres)