Agt nuwe Romanza-lekkertes om van te kies – lekker lees!

Die nuutste Romanzas wat pas verskyn het by LAPA uitgewers – vier lente, liefde en lees-lekkerte met hierdie titels:

 

1. Impulsiewe besluit – Dina Botha

Angilika besef haar lewe beweeg in ’n doodloopstraat af. Sy is alleenlopend, en sy het

geen vooruitsigte in haar werk nie. Tot die dag wat sy in ’n boemelaar vasloop …

 

Impulsiewe besluit

 

2. Troukandidaat – Susan Olivier

Helga se bestuurder verwag dat sy oornag ’n kêrel moet vind. Net omdat sy nuwe

vrou haar as ‘n bedreiging sien. Sy seun is die ideale kandidaat, maar sy vertrou

glad nie sy motiewe nie.

Troukandidaat

3. Die ring – Rika du Plessis

Bianca vlug op haar troudag, en kruip weg op ‘n vreemdeling se plaas wat vir haar

werk aanbied. Hulle stamp koppe, en hy stoot haar telkens weg. Tot die dag van

haar ongeluk …

 

Die Ring

4. Die nuwe afrigter – Ildé Grové

Tien jaar later stap Hermien se ou buurmaatjie weer haar lewe binne as haar nuwe

swemafrigter. Sy besef gou dat sy nooit opgehou het om hom lief te hê nie, maar glo

nie hy voel meer so nie.

Die nuwe afrigter5. ONTWYKENDE ALLEENLOPER – Dina Botha

Vir meer as ‘n jaar sukkel Donnalie Strauss om ‘n onderhoud met Ruben du Toit, ’n

aantreklike maar ontwykende miljoenêr, te bewerkstellig. Toe haar kans aanbreek, is

dit glad nie wat sy verwag het nie.

Ontwykende alleenloper6. LIEFDE SONDER VOORBEHOUD – Elsa Winckler

Lynette keer terug Suid-Afrika toe om advertensiewerk te doen, en sien vir Pierre weer.

Sal hy nou verby haar beroep as model kan kyk, of sal hy haar altyd net as ‘n mooi

gesiggie sien?

Liefde sonder voorbehoud

7. UITSONDERLIKE LIEFDE – Cynthia Robertson

Ná ’n mislukte huwelik vertrou Crystal geen man nie, veral nie dié wat ryk en boonop

aantreklik is nie. Maar Bienkie se hartsbegeerte is om perd te ry, en Dieter bied vir haar

lesse aan.

Uitsonderlike liefde

8. OLIE EN VUUR – Karen de Villiers

Ná baie jare ontmoet Clarissa weer haar groot liefde op ’n olieboorplatform waar sy

tydelik uithelp. Hy is egter nog net so hardekop oor vroue vir wie hulle beroep saak

maak. Erger, hy is verloof.

Olie en vuur

 

One thought on “Agt nuwe Romanza-lekkertes om van te kies – lekker lees!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s