Splinternuwe Romanzas!

Ek droom van ‘n lewe waar ek boeke kan lees teen betaling!

 

As ek nou weer bv. kyk na hierdie maand se Romanzas, sien ek so in my geestesoog: ek, opgekrul in ‘n stoel iewers langs die venster aan’t lees aan die heerlikste liefdesstories, terwyl Tafelberg waghou. Lekkerrrrrrr! ‘n Meisie mag mos maar droom.🙂

 

En dit is presies wat die meisies in hierdie nuutste Romanzas doen: hulle droom. En hoe wonderlik, hul drome word elke slag bewaarheid!

1. Temmer van haar hart – Marie-Louise Cronjè:

Suster Willda se streke in die hospitaal het haar al in die moeilikheid gehad, veral by een dokter wat sy net nie kan veel nie. Sy word egter van ’n wandaad beskuldig wat haar lewe verander.

Temmer van haar hart

 

2.Ridder vir Jenny – Vera Wolmarans

Jenny kies ’n houthuisie op Seehondbaai om haar eerste roman te gaan skryf. Sy vorder egter nie juis nadat sy en ’n te aantreklike man se paaie gekruis het nie. Is hy regtig getroud?

Ridder vir Jenny

 

3.Son in die suide – Alexa Steyn

Misha vlug Skotland toe ná ‘n traumatiese voorval. Toe sy uiteindelik terugkeer, is daar baie gou twee mans in haar lewe, een daarvan haar eksverloofde. En ’n plaasaanval verander haar lewe.Son in die suide

 

En dan, ‘n spesiale verhaal wat my regtig aangeraak het:

Terug na jou – Madelie Human

Jare gelede het Mercia haar liefde vrygelaat, soos mens ’n boemerang van jou af weggooi. Nes die boemerang het haar liefde nou na haar toe teruggekeer. Sal sy hierdie keer daarin slaag om dit vas te hou en vir altyd te koester?

 

Kyk net na hierdie pragtige voorblad en lees ook in die volgende blog-inskrywing die uittreksel uit hierdie spesiale verhaal wat Madelie so meesterlik geskryf het.

Terug na jou

 

‘n Mens kan net nie misvat met enige van hierdie Romanzas nie.

Lekker lees!

 

Monique

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s