2014 skop af: vuurwarm Romanzas vir die somer

Nou ja, hier is ons al in die middel van Januarie – 2014 het nie op hom laat wag nie en voor ons, ons oge uitvee sit ons al weer om ‘n tafel met ‘n krismiskoek!

 

Ek hou daarvan as my boeke en my belangstellings ooreenstem. Daarom is uit-my-vel-uit opgewonde oor hierdie 4 Romanzas, veral omdat ek saam met die karakters ‘n draai gaan gooi in die Karoo, Paternoster en Tahiti. (Ek het besluit dat 2014 vir my die jaar van die eksotiese eilandvakansie sal wees.)

 

Genoeg oor my, kom aan die lees en kyk uit vir hierdie lekkerlees Romanzas, nou beskikbaar:

1.

Mari Roberts

Mari Roberts

 

Mia weet nie hoe om dit te hanteer dat Joshua besluit het hy is haar oppasser nie.

En om in dieselfde huis as hy te woon, maak nie die lewe vir haar makliker nie.

2.

Dina Botha

Dina Botha

Karlin moet as instruktrise ’n superfikse boer voorberei vir ’n kompetisie. Hy beweer

egter hy het nie vir die kompetisie ingeskryf nie en sy begin boonop onprofessionele

gedagtes oor hom koester.

3.

Alexa Steyn

Alexa Steyn

Ná haar man se dood besluit Hermien om haar lewe te hervat. Op haar lang reis na

Paternoster neem sy ’n ompad deur die Karoo. En dit is hier waar ’n bruingebrande

boer haar pad kruis.

4.

Magda Joubert-Smit

Magda Joubert-Smit

 

Marinette is vir ’n drie maande lange werksvakansie op die romantiese eiland Tahiti.

Die liefdesverhouding tussen haar en haar werkgewer blom reeds toe ’n geheim uit

haar familie haar inhaal.

Geniet dit!

Monique

One thought on “2014 skop af: vuurwarm Romanzas vir die somer

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s