5 minute met Ida Bester – Skoonma speel Kupido

Lees ‘n bietjie meer oor die storie agter die storie. Ek het 5 minute met Ida Bester spandeer en haar ‘n paar vrae gevra.

 

Wat ‘n interessante titel! Dit prikkel beslis die leser se nuuskierigheid… Kan die leser ‘n komiese verhaallyn te verwagte wees?

Daar is komiese momente rondom die held se ma se pogings om sy romanse te versnel en rondom sy tienerkinders vir wie die heldin tuisskool, maar die verhaal is nie oorwegend komies nie.

Wat is die belangrikheid van ‘n titel? Dink jy self jou titels uit of help die uitgewer?

‘n Titel speel ‘n belangrike rol, saam met die agterbladteks, om ‘n leser die boek te laat koop. Ek stel gewoonlik ‘n paar titels voor en vier van my romanses dra my eie titel; een s’n is deur die uitgewer voorgestel.

Hoe voel jy elke keer as jou nuwe boek die rakke bereik?

Soos ‘n Boesman wat twak gekry het.

Enige skrywersrituele?

Ek maak ‘n storiebord en kies foto’s vir my karakters uit tydskrifte. Federer moes selfs al instaan vir een van my helde.

Hoe gereeld skryf jy: per opdrag? Of elke dag? 

Vir my is die ideaal om op vyf dae per week te kom, maar ek het net te veel ander gesins- en gemeenskapsverbintenisse. Ek gaan bly soms ‘n paar dae in ‘n gastehuis om ‘n verhaal af te rond.

Hulle sê elke skrywer skryf iets van hom/ haarself in ‘n boek in. Is dit so met jou?

Ek dink dit is onvermydelik. Plekke, reise,  mense wat deel van jou lewe is bepaal jou keuses van milieu en karakter, en jou mensekennis bepaal saam met jou selfkennis hoe jy jou karakters laat optree.

Waar kom jy aan jou idees vir stories?

Dit moet die skrywersambag se grootste misterie wees – ek weet nie regtig nie. Ek dink hulle sweef soos daardie feetjiesaadjies in die eter op soek na ‘n ontvanklike verbeelding om in wortel te skiet.

Enige aspirasies vir ‘n Groot Roman?

Nie noodwendig die Grote nie, maar ‘n roman, eendag, ja.

One thought on “5 minute met Ida Bester – Skoonma speel Kupido

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s