Lusmakertjie vir Novembermaand se Romanzas

As jy soos ek is, dan wil jy die flapteks  / agterblad van elke boek lees voordat jy besluit op ‘n boek. Ek vertrou baie op my sintuie wanneer dit kom by die uitsoek van ‘n nuwe boek. So, ek gaan jou DAG maak: ek plaas vir jou ‘n pragtige voorblad, saam met die agterbladteks wat daarby pas.

 

Onthou: die Desembervakansie lê voor. Moenie uitmis op hierdie wonderlike titels nie!

 

Thea Holland se nuutste

Thea Holland se nuutste

Louis is glad nie Nina se soort man nie en sy is buitendien nie die trousoort nie. Hy ook nie, met al die meisies om hom. Nou wat soek hy so pal in haar gedagtes?

 

Magdaleen Walters

Magdaleen Walters

Melissa se romantiese verbintenis met die grootbaas se seun skep vir haar groot probleme toe ’n man met veel minder aansien en ’n sexy lyf haar lewe inloop. Haar hart en haar werk is op die spel.

 

Wilreza Smit-Theron

Wilreza Smit-Theron

Trish is op Mauritius vir ’n kongres. Die lang donker kongresleier laat haar egter soos ’n onverantwoordelike skooldogter voel. Terselfdertyd is hulle so sterk tot mekaar aangetrokke dat Trish nie weet hoe sy dit het nie.

 

Ida Bester

Ida Bester

Amerie moet kophou want hierdie man wie se kinders sy tuis onderrig, is ’n wewenaar en ’n aantreklike een daarby. Boonop verkies sy ma om die teuels stewig in haar hande te hou.

 

Lekker lees!

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s