‘n Opwindende Novembermaand!

Liewe Lesers

 

Ek kan nie glo die jaar lê so te sê op sy rug nie! Waar is die tyd heen? Eergister het ek nog my Kersboom opgeslaan en vandag hoor ek alweer Jingle Bells… So tussen die rondskarrel deur is daar egter groot lekkerte wat wag vir die maand: opwindende nuwe Romanza titels deur skrywers wat bekend is vir hul lekker stories.

 

Titels om wat die maand verskyn:

Sê ja – Thea Holland

Thea Holland se nuutste

Thea Holland se nuutste

Om voor te begin – Magdaleen Walters

Magdaleen Walters

Magdaleen Walters

Sigeunerman – Wilreza Smit-Theron

Wilreza Smit-Theron

Wilreza Smit-Theron

Skoonma speel Kupido – Ida Bester

Ida Bester

Ida Bester

 

Ek is MAL oor die titels hierdie maand! Ek droom al klaar van die Sigeunerman en giggel sommer byvoorbaat vir die Skoonma wat inmeng – dit kan net sports voorspel.

 

Uiteindelik is die langverwagte finale aflewering in Irma Joubert se historiese romans, Tolbos, hier. Irma doen baie goed met haar Poolse boeke en die hele land, sowel as Poland self, is aan die gons oor haar boeke: beslis iemand om dop te hou.

Katrien is ’n student tydens die politieke woelinge en die Voëlvry-toer wat Suid-Afrika in die tagtigerjare tref. En in die verre Pole het ’n jong man pas duur betaal vir sy sin vir geregtigheid.

Irma Joubert se finale boek in die Trilogie

Irma Joubert se finale boek in die Trilogie

 

En, sommer as ‘n bonusbederf, gee LAPA ook weer die eerste twee boeke in die trilogie, Ver wink die Suiderkruis en Tussen Stasies uit, opgetof met nuwe voorblaaie!

Sy is ryk John Woodroffe se dogter, Bernard Neethling ’n myner in een van haar pa se myne. Dalk nog een van die armblankes wat Kate ondersoek. Hulle leef in twee wêrelde, sonder ’n brug vir hul liefde.

Boek 1 in die trilogie

Boek 1 in die trilogie

As ’n Duitse wesie kom Gretl ná die Tweede Wêreldoorlog Suid-Afrika toe. Vir haar oorlewing, het Jakób Kowalski besluit. Maar net Jakób ken haar groot geheim, kan dalk die vuur in haar drome verstaan. En help heelmaak.

Boek 2 in die trilogie

Boek 2 in die trilogie

 

LAPA bederf ons met ‘n heerlike variasie leesstof hierdie maand. As jy nog nie die eerste twee boeke in Joubert se trilogie gelees het nie, moet jy dit eers aanskaf voordat jy die Tolbos begin lees. Dit is ‘n goeie idee om al drie sommer gelyk aan te skaf, juis omdat die voorblaaie nou ‘n pragtige geheel vorm, ideaal vir die boekrak. Onthou ook die lekker Romanzas – pak in saam see toe, dis ‘n moet op die strand.

Kyk uit vir grepe uit die boeke wat ek binnekort sal plaas, heerlike lusmakertjies…

 

One thought on “‘n Opwindende Novembermaand!

  1. Kristel Loots says:

    Werklik opwindende nuus. Die Romanza-boeke se omslae word al mooier. Om nie eens te praat van Irma Joubert se heerlike trilogie nie. Pragtige, pragtige boeke.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s