‘n Einde … en ‘n nuwe begin!

MoniqueDis met ‘n tikkie weemoed dat ek, Madelie Human en Linelle Venter van die Lesersblog afskeid neem.

Oor ‘n tydperk van drie en ‘n half jaar het 469 posts hier verskyn en is 1 819 keer kommentaar gelewer.

59 064 lesers het oor dié tydperk op die verskillende poste gekliek.

Dit gee ons ‘n jaarlikse totaal van rofweg 16 000 klieks en ‘n daaglikse gemiddelde van iets in die veertig.

Ons glo ons het hierdeur nie slegs ons eie en ons blogvriendinne se werk bevorder nie, maar die saak van die Afrikaanse boek as geheel.

Ons voel ons kon ‘n deeltjie bydra tot die wonderlike oplewing in Afrikaanse ontspanningslektuur en die verwydering van die stigma wat ongelukkig steeds aan liefdesverhale kleef.

Daarom is ons dankbaar dat hierdie blog nie ‘n stille dood gaan sterf nie, maar dat LAPA kans gesien het om dit oor te neem.

Netso bly is ons dat leser en aspirant-skrywer Monique Bisschoff beskikbaar is om die leisels namens LAPA oor te neem.

Monique is jonk, dinamies en entoesiasties en net wat Afrikaans nodig het. Soos die foto wys, is sy nie een wat vir kabouters skrik nie!

Sy was ook verlede jaar die wenner van Leon van Nierop se hoofkarakter wedstryd en het ‘n groot hand daarin gehad om onlangs die diefstal van Ilse Salzwedel, Chanette Paul en Leon van Nierop se e-boeke oop te vlek.

Dankie, Monique – en mag die blog onder jou sorg sommer hoog vlieg!

7 thoughts on “‘n Einde … en ‘n nuwe begin!

  1. Alma Carstens says:

    Baie dankie Alta en Linelle vir al jul harde werk die afgelope paar jaar. ‘n Groot dankie ook aan Monique wat die blog nou gaan oorneem, ek glo en vertrou jy sal op Alta en Linelle se sukses voortbou. Sterkte daarmee.

  2. Madelie Human says:

    WELKOM, Monique en baie dankie dat jy ons baba gaan aanneem en verder grootmaak!! Hoop jy sal net soveel vreugde daaruit put as wat ons oor die jare hieruit gekry het.Dankie aan Alta en Linelle wat die afgelope jare so baie gehelp het en veral dankie aan ons lesers en getroue blogvolgers. HAVE FUN!!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s