Alma vertel meer oor Halwehuisliefde

HalwehuisliefdeMy seun is ’n musikant en wanneer hy by die huis is, voel dit of die mure vibreer elke keer wat hy op sy elektriese kitaar speel.  As ek kla, moet ek hoor:  “Rockmusiek kan nie sag wees nie, Mamma.”  Dan vermurwe my hart met die besef dat my arme kind, nes sy pa, in murg en been ’n rockmusiek aanhanger is.  Dit laat wonder my toe of ek dan die enigste een is wat voel of my ore wil tuit as die snare soos lemme deur die lug sny en dis toe dat Babette met haar liefde vir klassieke musiek, boeke en suiwer taalgebruik aan my deur kom klop.  Toe weet ek sommer:  sy gaan nie soos ander meisies haar sexy onderklere op die verhoog gooi voor die rockmusikant Arno de Waal met sy lang hare, tatoeëermerke en voorliefde vir gekruide taal nie.  Ek wou die twee nie net bure maak nie, maar ’n huis laat deel sodat hy behoorlik die witblits uit haar kan irriteer.  Die idee van die halwe huis het ek gekry van die outydse meenthuise wat altyd teenaan mekaar gebou was en soos een groot huis gelyk het.  Die tweetjies se huise word deur slegs ’n middelmuur geskei en toe Arno se “ongemanierde” hond en Babette se sagmoedige kat boonop ’n agtertuin moet deel, begin die hare letterlik waai.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s