Annetjie vertel meer oor Raaiselvrou

RaaiselvrouIn my vorige boek, Man in ’n raam, figureer Emma reeds as die hoofkarakter, Surene, se ma. Emma is ’n mediese dokter en geskei van haar man toe Surene nog in die laerskool was. Sy en haar eks is nog altyd op goeie voet met mekaar en ek het Emma vreeslik jammer gekry omdat sy moes toesien hoe ’n gelukkige huwelik haar eks-man met sy nuwe vrou het en hoe ’n goeie pa hy vir die twee jong seuns uit hierdie huwelik is. Sy het besef haar toewyding aan haar beroep, asook sielkundige bagasie uit haar kinderjare was die oorsaak van haar mislukte huwelik. Sy het nooit geleer om haarself spontaan oop te maak vir mense nie.

Ek het besluit sy moet ontslae raak van die doringdraadheining wat sy onbewustelik  om haar opgerig het. Sy moet mens word, ware vrou. Die oplossing was om haar uit haar bekende milieu, die stad, te vat en haar op ’n plaas te bring waar sy die vrees wat in haar kinderjare vir diere ontstaan het kon besweer.

En natuurlik vind Emma dan ook uiteindelik ware liefde by ’n man wat haar sag hanteer. Sy leer ook om haarself oop te stel vir haar medemens. So word die raaiselvrou ’n geliefde vrou.

Ek het Emma met ’n seer hart gegroet, maar weet darem dat sy nou baie gelukkig is.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s