Lusmakertjie: Teken van sy liefde

Teken van liefdeSy wip toe haar sitvlak baie onsag met die harde grond kennis maak. Agter haar gaan iemand onbedaarlik aan die lag. Daardie diep stem en daardie lag het sy al gehoor. Onlangs nog.

   Die warboel gewaarwordinge wat deur haar hele lyf maal steel haar laaste greintjie energie. Al probeer sy, sy kan nie krag bymekaar skraap om op te kom nie. Terwyl sy opgewonde wonder hoe Renier hier gekom het, hoe hy haar opgespoor het en hoe hy die slang gesien het voor sy behoorlik die gevaar besef het, bly sy magteloos net daar in die stof sit.

   Tot hy by haar kom en haar aan albei hande optrek.

   Toe luister haar spiere skielik vir haar hart in plaas van haar brein en sy slaan haar arms om Renier se nek. “Dankie, dankie, dankie. Dat jy hier is en dat jy die slang geskiet het. Was dit ‘n giftige een?” babbel sy aanmekaar.

   “Baie giftig. ‘n Sebraslang.” Sy asem is in haar nek terwyl hy haar styf teen hom aan trek.

    “Met ander woorde, jy het nou net my lewe gered.”

Sy swyg ‘n oomblik terwyl sy die gewigtige betekenis van haar woorde probeer inneem.

    “Ja, en jy weet seker wat dit beteken?”

    “Nee, wat beteken dit?” Sy vermoed hier kom nou ‘n kwinkslag want sy verbeel haar sy het humor in sy stem gehoor.

    “Jou lewe behoort nou aan my.” Hy bevestig hierdie groot aanspraak deur haar nog stywer vas te hou.

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s