Agtergrond: Seisoen van vergifnis

Seisoen van Vergifnis voorbladDie groot probleem met ‘n onbeplande reeks soos hierdie is dat eienskappe (voorkoms sowel as persoonlikheid) van karakters alreeds in vorige boeke vasgeskryf is en nie nou meer verander kan word nie. So het dit dan gekom dat Amanda en Wim alreeds albei met ouerskapskwessies geworstel het en ek dus nie eintlik ‘n keuse gehad het as om dit in hulle storie aan te spreek nie. Uiteindelik het dit goed gewerk in die sin dat elkeen dit op sy/haar eie manier hanteer en dus ruimte laat vir die individu se besluite oor kwessies in sy/haar lewe. Hulle moes ook leer om mekaar se besluite in hierdie verband te respekteer – wat vir die een werk, werk nie noodwendig vir die ander nie.

Andersins was hulle die ideale karakters om mee te werk. Amanda is vurig en ambisieus, baie mooi en nie gemaklik met haar seksualiteit nie. Wim is standvastig en in haar oë dalk ‘n bietjie vervelig, maar met veel meer diepte as wat sy aanvanklik besef. Haar seun, Herman, is nou amper ‘n tiener en worstel met sy eie probleme.

Die feit dat Wim in Noorweë en Amanda in Suid-Afrika woon, het natuurlik sy eie uitdagings gebring. Vir ‘n verhouding om te ontwikkel, moet daar tog kontak wees. Onvermydelik het die moderne tegnologie van Skype, e-posse en SMS’e ‘n prominente rol vervul hierin, maar dit was ook nodig om ‘n geloofwaardige rede te vind waarom Wim Suid-Afrika toe moes kom.

Stil-stil het die kwessies van diabetes by kinders en van paniekaanvalle ook by die storie ingesluip, wat gehelp het om die ouerskapkwessies nie te oorheersend te laat word nie. Dis egter vir my belangrik dat dit steeds eerstens die verhaal van ‘n ontwikkelende verhouding is en dat die kwessies nie die liefdesverhaal moet oordonder nie.

Of ek dit reggekry het? Die leser moet maar self oordeel!

Lesers kan nog tot Maandag, 25 Februarie op my facebook-bladsy Alta Cloete (skrywer) regs bo op die GIVEAWAY-blokkie kliek en inteken om ‘n eksemplaar van Vergifnis te wen.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s