Annetjie gesels met ons!

Annetjie van TonderAnnetjie van Tonder het gou kom inloer en ons meer vertel van haar nuutste boek.

Hoe het die storie ontstaan?

Ons het so twee jaar gelede saam met my swaer en skoonsus in Golden Gate gaan vakansie hou. Dit was ’n salige week wat diep in my geheue vasgelê is. Daardie lieflike sandsteenkranse met die goue rosigheid as die son sak, is die groot Skepperhand se skildery. Mens kan maar net kyk en bewonder.

Toe kom speel die gedagte aan ’n storie wat daar moet afspeel. En wat beter as ’n plantkundige wat ook artikels vir natuurtydskrifte skryf en materiaal bymekaar maak vir ’n koffietafelboek.

Maar daar moet darem romanse wees. Toe skep ek hierdie vroulike hoofkarakter wat baie bang is vir ernstige verhoudings. Sy vind dit toe veiliger om verlief te raak op haar woonstelmaat se broer se foto. En die broer is natuurlik die plantkundige.

Hy kan nooit lank in ’n verhouding met ’n meisie bly nie, want hy meet hulle almal aan die Bosch-vroue – sy ouma en sy ma. Sterk vroue.

Toe maak ek Surene so ’n sterk vrou en die vonke spat van die begin af tussen hulle.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s