Elsa Winckler vertel ons meer oor Heldergeel dag!!

elsa-rooi-rose-fotos-021Agtergrond oor Heldergeel dag

Die invloed van die gesin waarin jy grootword, die mense waarmee jy jou omring, het ’n groot invloed op ’n mens en bepaal in ’n groot mate die koers waarin jou lewe beweeg. Toe ek met Lana Liebenberg se storie in Waar liefde lê begin het, was die idee glad nie dat ek ook haar twee broers se storie sal vertel nie, maar hulle het net eenvoudig ’n lewe van hulle eie gekry en moes ek net hulle verhale ook vertel.

In Waar liefde lê, het ons kennis gemaak met Lana, haar ma en die golden girls wat saam ’n huis deel, haar broer Nick, ’n oorlogsfotograaf en Henry, ’n toergids met sy eie besigheid. Lana is ’n joernalis en vind haar sielsgenoot in Ian Coetzee, ’n avonturier. In Want daar’s skoenlappers, sien ons hoe Nick sy hart verloor op Gemma, ’n mediese dokter en Ian se suster.

Heldergeel dag, is Henry se strorie. Hy weet al jare van Cara, sy suster Lana se vriendin en vandat hy haar die eerste keer in sy ma se kombuis gesien  het, probeer hy die gevoelens wat sy in hom wakker maak, onderdruk. Maar dit raak al hoe moeiliker.

Ek het baie swaar afskeid geneem van die Liebenbergs en ek hoop die lesers geniet hulle stories.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s