Proestukkie: Dina Botha: Boks vol soentjies

Boks vol soentjiesKort voor ses klop Steven aan haar kantoordeur. “Celeste, hier is twee mans wat jou wil spreek. Ek dink hulle is musikante, want hulle het twee swart tasse by hulle.”

“Dis vreemd,” sê sy toe sy saam met Steven ontvangs toe loop.

“Goeiemiddag. Jy moet Celeste wees?” groet die oudste van die twee mans haar in Portugees. “Ek is Manuel de Sousa en dis Josy Castello. Ek speel trekklavier en hy ’n Portugese kitaar.”

“Goeiemiddag. Dis alles goed en wel dat julle musiek maak, maar wat kan ek vir julle doen?”

Manuel lag. “Nee, dis ’n kwessie van wat ons vir jou kan doen.”

Hy kan seker sien sy verstaan nie want hy haal iets uit sy sak. Dit lyk soos ’n verjaardagkaartjie. Sy vou dit oop en lees die boodskap stil: Ek kon aan niks dink om vir iemand te gee wat reeds alles het nie. Daarom het ek besluit op ’n herinnering aan jou ouers. Moenie jou bekommer nie, hierdie ouens is baie goed. Lekker verjaar, Jonker.

Sy verstaan steeds nie mooi nie en vou die kaartjie toe. “Watse musiek speel julle?”

“Enigiets, maar ons musiek varieer van ligte populêre Portugese tot tradisionele fadomusiek.”

Toe eers tref dit haar wat Jonker met ’n herinnering bedoel. Dis omdat sy hom van haar ouers vertel het en die onvergeetlike musiekaande waarna sy daardie dag gehunker het. Haar keel dreig om toe te trek terwyl sy weet hulle wag op haar antwoord. Sy knik. “Julle kan maar julle instrumente opstel.”

Sy stap terug na haar kantoor en toe die deur agter haar toegaan, probeer sy nie haar trane langer inhou nie. Hoekom Jonker dit gedoen het, weet sy nie, maar dis een van die mooiste geskenke wat iemand haar al gegee het.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s