Bernette vertel meer oor Lam in wolfsklere

Ná ses wonderlike jare op Stellenbosch het dinge baie vinnig drasties verander. Ek moes terug Pretoria toe en ‘n droomlewe en kosbare vriende in die Kaap agterlaat. Om Lam te skryf was soos terapie, ek kon identifiseer met die hoofkarakter se emosies, selfs emosies aan haar toeken wat ek nie noodwendig bereid was om te erken nie, en so het my eerste roman gestalte gekry.

Soos dit maar met skryf gaan, maak karakters ongenooid hul opwagting, soos Kobus. Hy het hom blatant in Amie se lewe ingenooi en hy het my nie ‘n keuse gelaat nie, ek moes hom leer ken.

Amie se ouers was deel van haar pakket, ek het hulle nie uitgedink nie, sy het my doodluiters aan hulle voorgestel, so ook tannie Viviers, Hanna en Sella.

Caro, die spreekwoordelike ridder op sy swart hings, was die beste “deal-sweetner” wat ek Amie kon bied, en glo my, Caro Marx is mans genoeg om enige vrou heeltemal van die Kaap te laat vergeet!

Lam in Wolfsklere was terapie vir my, ek hoop dit doen dieselfde vir die lesers!

 

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s